SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Krieket
Kane verheug dat omstrede reël geskrap is

Kane Williamson is verheug dat die reël wat hom en sy Nieu-Seelandse krieketspan van ’n eerste Wêreldbeker-oorwinning beroof het, geskrap is.

Kane Williamson, Nieu-Seeland se krieketkaptein, kou sy naels tydens die Wêreldbeker-eindstryd. Foto: Gallo Images

Die Swartpette het die WB-eindstryd vroeër vanjaar op Lord’s teen Engeland verloor omdat hulle minder grenshoue as die Engelse in die eindstryd geslaan het. Dít nadat die tellings ná 50 beurte én ’n superboulbeurt steeds gelykop was.

Eoin Morgan se span het die WB-trofee vir die eerste keer omhooggehou omdat hulle 26 grenshoue teenoor Nieu-Seeland se 17 geslaan het.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het die reël in Oktober geskrap en spanne sal voortaan superboulbeurte speel totdat daar ’n wenner is.

“Dit is nie werklik ’n verrassing nie,” het Williamson Woensdag by die Bay Oval in Wellington gesê aan die vooraand van sy span se eerste toets teen die Engelse.

“Ek dink werklik nie enigiemand het ooit gedink die eindstryd sal só beslis word nie, maar dit is.

“Vir dit om te gebeur, is eintlik angswekkend. Dit is nie regtig krieket nie en ek dink albei spanne het dit aanvaar.”

Kane Williamson en die Kiwi’s staan mismoedig op die veld ná die WB-eindstryd. Foto: Getty Images

Dit was ’n bitter pil om te sluk.

“Maar, al het ons nie saamgestem met hoe die uitslag beslis is nie, was dit ’n reël wat vooraf gegeld het.

“Dit was ’n fantastiese wedstryd om van deel te wees en dit was baie mededingend. Ek dink almal het al honderde krieketwedstryde gespeel en nog nooit ’n wedstryd só sien eindig nie.”

Die onlangse T20-reeks tussen Nieu-Seeland en Engeland is ook deur ’n superboulbeurt beslis, met die Engelse wat weer gewen het en die reeks sodoende met 3-2 beklink het.

Williamson het daardie reeks misgeloop omdat hy met ’n heupbesering gesukkel het.

– Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Kane Williamson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.