Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kapil Dev ondergaan hartoperasie
Kapil Dev. Foto: Getty Images

Die legendariese veelsydige Indiese krieketspeler Kapil Dev het ’n hartoperasie in Delhi ondergaan nadat hy van borspyn gekla het.

Dev (61) is Vrydag in die hospitaal opgeneem en sy toestand is stabiel luidens ’n verklaring van die hospitaal.

Dev het Indië aangevoer toe hy in 1983 die Wêreldbeker-toernooi gewen het.

Dié naatbouler, wat ewe behendig met die kolf was, is in 2002 deur Wisden as Indië se Speler van die Eeu vereer.

Dev het meer as 400 paaltjies en 5 000 lopies in toetskrieket aangeteken.

Die laaste van sy agt honderdtalle in 131 toetse was in 1992 teen Suid-Afrika in Port Elizabeth.

Dié aanvangsbouler was Indië se voorste kolwer op die toer.

Hy was later ook as afrigter by Indië betrokke.

Verskeie voormalige en huidige spelers het hom beterskap toegewens op sosiale media. – Sportredaksie, BBC

Meer oor:  Krieket  |  Indië  |  Hartoperasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.