Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kennedy neem waar as Cobras se hoof
Albertus Kennedy neem nou waar as die uitvoerende hoof van die Cape Cobras. Foto: Gallo Images

Die ervare uitvoerende hoof van Suidwestelike Distrikte Krieket, Albertus Kennedy, gaan in ’n waarnemende hoedanigheid die leisels by die Cape Cobras-franchise neem.

Die Cobras en WP Krieketvereniging (WPKV) se uitvoerende hoof, Nabeal Dien, het einde April afgetree. Die WPKV en Cobras se finansiële hoof, Tennyson Botes, het vir die laaste paar maande in dié pos ingestaan.

Netwerk24 verneem egter dat hy hom op sy finansiële verpligtinge wil toespits. Die WPKV ondergaan tans ’n onafhanklike oudit nadat hy verlede jaar onder administrasie geplaas is deur Krieket Suid-Afrika.

Kennedy sal aanbly in sy pos as uitvoerende hoof van SWD Krieket en sal oorhoofs na die Cape Cobras se spelersake en kommersiële belange kyk.

“My onmiddellike fokus is die finansiële belange van die Cobras op kort termyn,” het Kennedy Vrydag aan Netwerk24 gesê.

“Kennedy het gesê hy sal vir eers steeds in die Suid-Kaap aanbly.

Dit maak nie sin om ’n klomp geld te mors om nou in die Kaap te sit nie.
Albertus Kennedy

“Dit is tans die Cobras se afseisoen en die kantore is in elke geval gesluit weens die koronavirus. Dit maak nie sin om ’n klomp geld te mors om nou in die Kaap te sit nie.”

Die Cape Cobras, as Wes-Kaapse franchise, bestaan uit ’n vennootskap van die WP, Boland en SWD.

Nick Kock, president van die WP-krieketvereniging.

Nick Kock, president van die WPKV, het Vrydag gesê daar is nie ’n spesifieke tyd geplaas op hoe lank Kennedy in die pos gaan waarneem nie.

Kennedy, wat die laaste 15 jaar krieketsake in die Suid-Kaap bestuur, het bevestig dat die ontwikkeling van die Nuweland-krieketstadion nie deel van sy mandaat is nie. Nuweland behoort aan die WPKV, nie die Cobras nie.

Dit is juis die dié ontwikkeling wat tot verlede jaar se geskil tussen WPKV se raad en KSA gelei het. Die WPKV-raad het uiteindelik weer beheer van Nuweland gewen nadat hy ’n arbitrasie-saak teen KSA in Johannesburg gewen het.

Die jongste skuiwe by Nuweland dra egter by tot ’n gevoel van onsekerheid wat tans in Kaapse krieket heers.

Benewens die geskil tussen die WP en die nasionale beheerligaam het drie direkteure van die WPKV, Richard Noor, Suliman Mohamed en Mustaq Bray, einde verlede week bedank.

Meer oor:  Albertus Kennedy  |  Nick Kock  |  Kaapstad  |  Franchise  |  Cape Cobras  |  Uitvoerende Hoof  |  Swd  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.