Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kepler: Net die beker kan dit wegwas

Net ’n sege in die Wêreldbeker-kriekettoernooi sal Suid-Afrika help om die etiket as hensoppers af te skud.

Kepler WesselsFoto: Gallo Images

Só het die voormalige Suid-Afrikaanse krieketkaptein Kepler Wessels aan thehindu.com gesê op die vooraand van die Proteas se eerste krieketwedstryd in die skouspel. Hul veldtog begin Donderdag teen die gasheer, Engeland, op die Oval.

Volgens Wessels is die feit dat die Proteas as ’n buiteperd by vanjaar se toernooi aantree, dalk ’n bedekte seën vir die span se kanse om die beker vir die eerste keer te wen.

“Mense sal aanhou om hulle hensoppers te noem tot hulle ’n toernooi van die Internasionale Krieketraad wen, en dis reg so,” het hy die afgelope week gesê.

“Hulle was die beste span in 1999 en kon steeds nie die Wêreldbeker wen nie,” het hy bygevoeg, in ’n verwysing na ’n toernooi wat steeds traumaties vir Suid-Afrikaners is.

In die 1999-halfeind teen Australië het Allan Donald die kluts kwyt geraak met die neem van ’n lopie, sy kolf laat val en versteen gaan stilstaan vir die Aussies om hom maklik uit te hardloop. Dit het die wedstryd gelykop laat eindig, met Australië wat na die eindstryd deur is omdat hulle die twee spanne se groepwedstryd gewen het. Die “hensop-etiket” is daardie dag gebore.

“Dié keer is (die Proteas) egter nie die gunsteling om te wen nie en dit kan ’n goeie ding vir die span wees,” sê Wessels.

Die 61-jarige Wessels, wat ook vir Australië gespeel het, het bygevoeg dat die Proteas beslis vir AB de Villiers gaan mis.

“AB is ’n groot faktor in enige span. Nou sal Suid-Afrika op ouens soos Hashim Amla en ander moet steun om die daad gedoen te kry.”

Wessels, die kaptein van Suid-Afrika tydens die 1992-Wêreldbeker-kriekettoernooi in Australië, het Indië, Engeland en Australië as sy gunstelinge vir die toernooi gekies.

“Indië is ’n goeie eendagspan en sal moeilik geklop word.

“Die Engelse sal ’n groot bedreiging wees, maar as gasheerspan sal hulle ook onder druk wees.” – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.