Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Keshav bederf Rory se Kaapse swanesang

Die Dolphins se kaptein Keshav Maharaj het met ’n veelsydige vertoning uitgeblink in hul sege oor die Cape Cobras in ’n eendagwedstryd Woensdagaand op Nuweland.

Keshav Maharaj, held van die Dolphins. Foto: Gallo Images

Die besoekers se 183/8 was genoeg nadat Maharaj sy onoorwonne 50 lopies met 4/24 met sy draaiers opgevolg het.

Die Cobras is vir net 157 uitgehaal.

Dit was die voorloperspan se vierde sege in vyf wedstryde.

Die Dolphins het vroeër in hul kolfbeurt van 70/2 tot 101/7 gesteier voordat die kaptein aansien aan hul totaal verleen het met sy vyftigtal.

Thando Ntini van die Cape Cobras probeer ’n bal vang. Foto: Gallo Images

Die aanvangsbouler Rory Kleinveldt het sy Nuwelandse swanesang met 1/20 in tien beurte afgesluit.

Die Kapenaars was daarna gou in die knyp in hul kolfbeurt.

Aviwe Mgijima (69*) het moedig probeer. Hy en Kyle Verreynne (25) het op 60/5 vir ’n ruk lank vasgeskop voordat Maharaj die vennootskap verbreek het. – Sportredaksie

TELKAART

Meer oor:  Rory Kleinveldt  |  Cape Cobras  |  Eendagkrieket  |  Dolphins  |  Eendagbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.