Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Keshav kry kans om in kitsspan te blom
Keshav Maharaj vroeër vandeesmaand vir die Dolphins in ’n eendagwedstryd teen die Cobras in aksie.Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaanse toetsdraaier Keshav Maharaj gaan die eerste keer sedert 2018 weer in die eendag-formaat sy slag vir die Proteas wys.

Dié linksdraaier, wat die laaste ruk vir die Dolphins uitblink in die plaaslike eendagreeks, is in ’n groep van 15 spelers ingesluit vir die drie kitsstryde teen Australië, wat Saterdag in die Paarl begin.

Drie staatmakers, Rassie van der Dussen, Dwaine Pretorius en Faf du Plessis word met die oog op ’n besige program wat voorlê, ’n blaaskans gegun.

Die debutant Janneman Malan onderweg na sy beurt van 33 Sondag in die Proteas se tweede T20-wedstryd teen Pakistan. Foto: Gallo Images

In hul afwesigheid sal die keurders twee Cobras-kolwers, Janneman Malan en Kyle Verreyne, op die proef stel.

Malan het verlede jaar in twee T20-wedstryde vir die Proteas gespeel, maar moet nog sy eendagdebuut maak. Verreyne was op sy beurt in die groep vir die onlangse eendagreeks teen Engeland, maar het nie speelkans gekry nie.

Die naatbouler Lutho Sipamla, wat nog net ’n paar internasionale kitsstryde op sy kerfstok het, sal ook weer ’n kans kry om die keurders te beïndruk.

Ná die wedstryd in die Paarl sal die Proteas en Aussies ook op 4 Maart in Bloemfontein en 7 Maart in Potchefstroom slaags wees.  – Sportredaksie

Die Protea-eendaggroep is:
Quinton de Kock (kaptein en paaltjiewagter), Temba Bavuma, David Miller, Kagiso Rabada, Andile Phehlukwayo, Tabraiz Shamsi, Lungi Ngidi, Beuran Hendricks, Heinrich Klaasen, Janneman Malan, Jon-Jon Smuts, Anrich Nortjé, Lutho Sipamla, Keshav Maharaj, Kyle Verreynne.

Meer oor:  Keshav Maharaj  |  Janneman Malan  |  Australie  |  Paarl  |  Proteas  |  Krieket  |  Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.