Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Keshav se driekuns-bal eintlik ’n ‘flater’

’n Duisend dinge het deur Keshav Maharaj se kop gemaal net voordat hy Maandag sy driekuns-bal geboul het . . . en toe kies hy die verkeerde aflewering.

“Dit gebeur nie gereeld dat jy in so ’n situasie beland nie,” het Maharaj gesê ná die Proteas se oorwinning met 158 lopies in die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande in St. Lucia.

Kagiso Rabada en Lungi Ngidi duik vir Keshav Maharaj plat in hul feesviering van sy driekuns Maandag in die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande in St. Lucia. Foto: Getty Images

“Daar was soveel gedagtes oor watter aflewering om af te stuur, maar toe besluit ek om te bly by dít wat vir my gewerk het.

“Ek het die bal per ongeluk na die bykant afgestuur. Ek kon ’n baie beter aflewering geboul het.”

Maar gelukkig vir Maharaj het Joshua da Silva die bal gevolg en randjie bygekry. Wiaan Mulder het ’n briljante eenhand-vangkans op byglip geniet.

“Wiaan moet volle krediet kry vir daardie ongelooflike vangkans. Wat ook al hy wil eet of drink vanaand, sal op my wees.”

Maharaj, wat ook ’n oes van vyf paaltjies verower het, is ná dese slegs die tweede Suid-Afrikaner wat met ’n toets-driekuns spog. Die eerste was die snelbouler Geoff Griffin, wat dit in 1960 teen Engeland op Lord’s vermag het.

Maharaj was voor die begin van Maandag se vierde dag reeds in ’n goeie bui. Die Proteas se mediabeampte het ’n video op sosiale media gedeel waar hy en Keegan Petersen die liedjie “Stand by me” uit volle bors sing terwyl hulle opwarm.

“Eerstens het ek nie geweet dit gaan op sosiale media geplaas word nie,” lag Maharaj.

“Ek het ’n bietjie pret gehad saam met die ouens. Dit is lang, harde dae van toetskrieket, so dit is goed om in ’n ligte luim te wees voordat jy op die veld gaan, en ’n bietjie energie te bou.

“Ek dink wel nie ek sal binnekort vir Idols inskryf nie. Ek en Keegs speel baie krieket saam in Suid-Afrika (vir die Dolphins) en ons geniet dit om nonsens te praat, of te sing in dié geval.

“Gelukkig het ons gewen, so ek sal nie té veel getart word daaroor nie.”

Maharaj sê die span is baie tevrede met die reekssege van 2-0, maar sien dít net as die begin. Hy het sy naatboul-vennote, Kagiso Rabada, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi en Mulder, krediet gegee vir hul vertonings.

“Ons werk almal baie goed as ’n span saam en hopelik kan ons net hierop voortbou.”

Meer oor:  Keshav Maharaj  |  Wes-Indiese Eilande  |  Krieket  |  Toetskrieket  |  Windies  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.