Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Keshav se driekuns ruk Windies

Keshav Maharaj het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse draaibalbouler te word wat in toetskrieket ’n driekuns aan paaltjies behaal.

Ná Maharaj (3/15) se drie wonderballe in die eerste sessie op dag 4 van die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande, is hy boonop slegs die tweede Suid-Afrikaner wat met ’n toetsdriekuns spog.

Keshav Maharaj het Maandag in die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande ’n driekuns aan paaltjies behaal. Foto: Gallo Images

Geoff Griffin is die ander een, met ’n driekuns teen Engeland op Lord’s in 1960.

Danksy Maharaj en Kagiso Rabada (3/38) is die Proteas teen middagete gerieflik in die saal. Ná aanvanklike weerstand het die Windies verkrummel en hulle staan op 109/6 – steeds 215 lopies weg van die teiken van 324.

Rabada het twee vroeë deurbrake gemaak deur van Kraigg Brathwaite (6) en Shai Hope (2) ontslae te raak. Hy het Kyle Mayers been voor paaltjie betrap met die bal net nadat hy van Hope ontslae geraak het, maar dit was ’n foutbal.

Mayers (34) en Kieran Powell (51) het Suid-Afrika daarna met ’n vennootskap van 64 frustreer, voordat Rabada later wel van Mayers ontslae geraak het.

Daarna het Maharaj sy driekuns behaal deur vir Powell aan die bykant, Jason Holder in die slagysterposisie en Joshua da Silva op glip te laat uitvang.

TELKAART

Meer oor:  Keshav Maharaj  |  Wes-Indiese Eilande  |  Toetskrieket  |  Windies  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.