Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Keshav trek 11 paaltjies plat in rillerstryd

Die Protea-draaier Keshav Maharaj het met sy sewe paaltjies vir Lancashire in Somerset se tweede beurt gesorg dat daar vir die eerste keer in 15 jaar ’n gelykopuitslag in meerdaagse graafskapwedstyd in Engeland was.

Keshav Maharaj in sy buiging vir Lancashire. Foto: Getty Images

Somerset se draaier Jack Leach het Lancashire met altesaam 12 paaltjies aan die steier gehad, waarna Maharaj toe 11 paaltjies vir die besoekers ingeoes het. Hy het sy 4/65 met 7/37 opgevolg.

Somerset moes net 78 aanteken om te wen.

Maharaj is soos Leach ook met die nuwe bal op die draaiersblad toevertrou.

Somerset het op 77 nog twee paaltjies staande gehad.

Maharaj het albei paaltjies laat kantel. Die laaste paaltjie was ironies genoeg dié van Leach.

Die uitslag was ’n knou vir Somerset se titelhoop in die topafdeling. Hy wag nog om te hoor wat die verslag oor die kolfblad gaan sê nadat daar 22 paaltjies op die eerste dag gekantel en die draaiers altesaam 25 paaltjies in die wedstryd ingeoes het. – Sportredaksie, telegraph.co.uk

Meer oor:  Keshav Maharaj  |  Graafskapkrieket  |  Somerset
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.