Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Keurderbaas het wakker gelê oor Amla

Hy het heelwat slapelose nagte gehad in die aanleiding tot die besluit om Hashim Amla uiteindelik in die 15-tal in te sluit vir die Wêreldbeker-toernooi, erken die grootbaas van die nasionale keurders, Linda Zondi.

Faf du Plessis. Foto: Gallo Images

Hy het Donderdag by die spanaankondiging gesê Amla se uitstekende kolfgemiddeld in witbal-krieket het in sy guns getel.

“Dit was ook belangrik om ervaring te hê en sy kennis van die toetstande in Engeland het ook in sy guns getel. Ons wil nie gereeld in situasies sit waar ons 70/5 gaan wees nie.

“Ons het na die statistieke gekyk en Hashim se gemiddeld is ongeveer 50, terwyl Reeza s’n 26 is en Aiden Markram met ’n gemiddeld van 29 sit.

“Wat wel in Markram se guns getel het, is dat hy op enige plek van een tot ses in die kolforde diens kan doen.

Ons het wel ook gekyk na spelers wat waardevol onder druk kan wees.
Linda Zondi

“Daar is nou wel diegene wat ook sal wys op Hashim se veldwerk wat nie onlangs so goed was nie, maar dit sou nie reg gewees het om Reeza net te kies vir sy veldwerk nie.

“Ander moeilike keuses was Anrich Nortjé en Dwaine Pretorius, asook of daar ’n tweede paaltjiewagter moes gaan. Uiteindelik is besluit om David Miller as die ekstra paaltjiewagter te gebruik sou dit nodig wees.

“Dit was dus glad nie ’n geval dat dit net die heeltyd oor Amla sou gaan nie,” sê Zondi.

Wat die afwesigheid van Chris Morris betref, sê Zondi dit het baie lanklaas gebeur dat hy tien boulbeurte kon boul en daarom word voorkeur gegee aan Andile Phehlukwayo en Pretorius as veelsydige spelers.

“Ja, Morris het wel die X-faktor, maar ons sien hom meer as ’n bouler as ’n kolwer en daarom met sy boulwerk wat nie ten volle benut kon word vir Suid-Afrika oor die afgelope ruk nie, het ons besluit om nie met hom te waag nie.

“Ons het wel ook gekyk na spelers wat waardevol onder druk kan wees,” sê Zondi.

Die Proteas se Wêreldbeker-groep is: Faf du Plessis (kaptein), Hashim Amla, Quinton de Kock, Aiden Markram, Rassie van der Dussen, David Miller, JP Duminy, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Dale Steyn, Kagiso Rabada, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé, Imran Tahir, Tabraiz Shamsi.

Proteas
Proteas
Meer oor:  Hashim Amla  |  Wêreldbekerkrieket  |  Proteas  |  Linda Zondi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.