Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Keurderbaas: Markram steeds in prentjie

Die aanvangskolwer Aiden Markram is oor die hoof gesien vir die komende toer na Indië bloot omdat hy so lank uit aksie was en behoort eersdaags weer in ’n Protea-span te wees.

Linda Zondi, nasionale keurderbaas, het bevestig dié kolwer van die Titans is allermins vergete.

Aiden Markram verlede jaar teen Nieu-Seeland in die Wêreldbeker-toernooi in Engeland in aksie. Foto: Getty Images

Die Proteas speel Saterdag in die derde en laaste eendagwedstryd teen Australië in Potchefstroom en vlieg die volgende dag reeds na Indië vir ’n reeks van drie kitswedstryde daar.

“Onthou, hy was ’n lang tyd uit met ’n besering,” sê Zondi oor die feit dat Markram nie by die toergroep ingesluit is nie.

Die 25-jarige Markram was verlede week vir die eerste keer in tweede maande weer op die krieketveld nadat hy in die eerste toets teen Engeland aan die einde van Desember beseer is. Hy het op die tweede dag van daardie kragmeting in Centurion die ringvinger aan sy linkerhand gebreek en moes ’n operasie ondergaan.

Markram het verlede Donderdag in Durban in die Titans se eendagwedstryd teen die Dolphins sy terugkeer tot die spel gemaak. Hy het sy 36 lopies in daardie wedstryd opgevolg met 103 van 94 balle as aanvangskolwer in Sondag se wedstryd teen die Knights in Kimberley, wat die Titans ook verloor het.

Markram het ook vyf paaltjies met sy draaiers in die twee eendagwedstryde laat kantel.

“Dit is lekker om terug op die veld te wees,” sê Markram.

Hy het bevestig daar was nog nie enige gesprekke tussen hom en Zondi of met die Protea-afrigter, Mark Boucher, nie.

Die naweek se 100-tal was sy eerste een in tien kolfbeurte (in alle formate) sedert sy 100 vir Suid-Afrika aan die einde van September teen ’n Indiese 11-tal.

Markram het daar die derde toets teen Indië misgeloop nadat hy ’n beentjie in sy regter-polsgewrig gebreek het toe sy frustrasie die oorhand oor hom gekry het. Hy is beseer toe hy ná sy tweede nulletjie in die tweede toets in ’n onbesonne oomblik sy toorn op ’n “soliede voorwerp” uitgehaal het. Hy was toe ook twee maande lank uit aksie.

Markram word in sekere krieketkringe steeds as Suid-Afrika se volgende toetskaptein beskou. Hy sal slegs met bestendige vertonings ook die stemme van kritici kry.

Temba Bavuma en dalk Jon-Jon Smuts is van die kolwers wat op die komende toer na Indië as aanvangskolwers oorweeg kan word.

Janneman Malan, wat teen die Aussies sy eendagbuiging gemaak het, is nie in die toerspan nie, terwyl Reeza Hendricks ook nie die groep gehaal het nie.

Bavuma is egter weens ’n dyspierbesering in ’n stryd teen tyd om die toer mee te maak. Hy moes hom noodgedwonge aan die Proteas se span vir die laaste twee wedstryde teen Australië onttrek.

Die eerste van drie eendagwedstryde teen Indië word reeds op 12 Maart in Dharamsala gespeel.

Meer oor:  Linda Zondi  |  Aiden Markram  |  Toer  |  Indië  |  Eendagreeks  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.