Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KFC verbind hom langer tot krieket in SA
KFC het hom vir nog vyf jaar daartoe verbind om die hoofborg van mini-krieket in Suid-Afrika te wees. Foto: Gallo Images

Te midde van onseker ekonomiese tye weens die Covid-19-pandemie, gaan een van Krieket Suid-Afrika (KSA) se staatmaker-borge nie sy rug op die spel keer nie.

KFC het sy borgskap van die KSA se mini-krieketprogram met vyf jaar verleng en sy borgskap as die KSA se T20-titelborg met nog drie jaar, het die beheerliggaam Woensdag in ’n verklaring gesê.

Dit is goeie nuus vir die KSA, veral nadat Standard Bank se titelborgskap van die toets- en eendagspan op 30 April tot ’n einde gekom het.

KFC is reeds meer as ’n dekade lank ’n borg van die KSA en sal ook steeds die Proteas se amptelike restaurantborg wees.

Jacques Faul, die KSA se waarnemende uitvoerende hoof, sê hulle is opgewonde om hul vennootskap met KFC voort te sit, veral met die oog op die land se krieket-voerband.

Dhruv Kaul, KFC Suid-Afrika se hoofbemarkingsbestuurder, sê sport is ’n wonderlike katalisator om hoop te gee en mense te verenig.

“Ons sien uit daarna om een van sport se grootste voetsoolvlak-ontwikkelingsprogramme te help groei en om ons vennootskap met die Protea-span en sy ondersteuners in internasionale T20-wedstryde voort te sit,” sê Kaul. – Sportredaksie

Meer oor:  Jacques Faul  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Kfc  |  Ksa  |  Mini-Krieket  |  Borg  |  Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.