Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Khawaja kolf 8 uur lank om toets te red
Usman Khawaja (regs) word deur sy spanmaat Marnus Labuschagne gelukgewens. Foto: Getty Images

’n Hardnekkige kolfbeurt deur Usman Khawaja het Australië gehelp om die eerste kriekettoets teen Pakistan in Dubai te red.

Khawaja het meer as agt en ’n half uur lank gekolf in sy beurt van 141 (302 balle; 11x4) en dit het die grondslag vir Australië gelê om uit ’n onmoontlike posisie te ontsnap. Australië het die laaste dag op 136/3 begin met die onbegonne taak om 462 vir die oorwinning aan te teken. Hy het uiteindelik op 362/8 gestaan toe die skeidsregters die balkies gelig en die toets onbeslis geëindig het.

Die Aussies het 140 boulbeurte gekolf om die toets te red. Dit was ’n verstommende poging, veral as ’n mens in ag neem dat dieselfde kolflys in die eerste beurt in duie gestort het. Die kolwers het toe tien paaltjies vir net 60 lopies verloor.

Dit was ’n verstommende poging, veral as ’n mens in ag neem dat dieselfde kolflys in die eerste beurt in duie gestort het. Die kolwers het toe tien paaltjies vir net 60 lopies verloor.

Khawaja het ná die dag gesê hulle wou net so lank as moontlik kolf.

“Die plan was net om te kolf. Ons het nie te veel gedink nie.

“Die toestande het al hoe moeiliker geword,” sê Khawaja.

Khawaja was deel van drie uitstekende vennootskappe. Hy en Aaron Finch het 87 lopies om die eerste paaltjie aangeteken voordat hy en die debutant Travis Head (72 van 175 b; 5x4) 132 in 48,5 boulbeurte om die vierde paaltjie gevoeg het.

Tim Paine (Gallo Images)

Sake het toe effens beroerd gelyk, maar Khawaja en sy kaptein, Tim Paine (61*194 b; 5x4), het 79 in 36,2 boulbeurte oorleef. Nadat Khawaja uiteindelik gesneuwel het, 15 boulbeurte voor uitskeityd, het Paine seker gemaak dat die Aussies se harde werk beloon word.

Paine sê dit was klipharde toetskrieket.

“Pakistan het baie goed gespeel en ons vir die eerste drie dae oorheers.”

Dit was baie harde werk vir Pakistan se boulers. Yasir Shah het 43,5 boulbeurte vir sy 4/114 geboul.

Die Pakistani’s sal hulself skop dat hulle nie die toets gewen het nie. Suid-Afrika het in 2012 teen Australië in Adelaide en in 2013 teen Indië op die Wanderers gewys die span wat om oorlewing geveg het, was baie sterker in die daaropvolgende toets.

Die tweede en laaste toets begin Dinsdag in Abu Dhabi. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Tim Paine  |  Usman Khawaja  |  Pakistam Australie  |  Dubai  |  Kolfbeurt  |  Aussies  |  Toets  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.