Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Kies my en Broad saam,’ pleit Anderson

Engeland se suksesvolste bouler, James Anderson, meen hy en Stuart Broad moet saam in die beslissende kriekettoets in die reeks teen die Wes-Indiese Eilande ingespan word.

James Anderson stuur Woensdag ’n bal in die oefennette op Old Trafford af. Dié veteraan-swaaibouler hoop om van Vrydag af deel van die aksie in die derde en beslissende toets teen die Wes-Indiese Eilande te wees. Foto: Getty Images

Hierdie toets begin Vrydag op Old Trafford in Manchester en die Engelse het ’n wye keuse wat hul snelaanval betref, met Anderson, Jofra Archer en Mark Wood wat almal na die span wil terugkeer.

Broad, Sam Curran en Chris Woakes het almal ’n positiewe bydrae gelewer in Engeland se sege met 113 lopies in die tweede toets, wat Maandag, ook op Old Trafford, geëindig het.

’n Taai program van ses toetse in sewe weke teen die Windies en dan Pakistan beteken dat Engeland sy boulers moet roteer en Anderson onderskat nie die moeilike besluite wat vir die afrigter, Chris Silverwood, en die kaptein, Joe Root, voorlê nie.

“Ek neem aan die drie bestes sal speel en dit gaan ’n moeilike besluit wees en daar sal wel diegene wees wat teleurgesteld is,” sê Anderson.

Daar is sprake dat dié swaaibouler, wat aanstaande maand 38 jaar oud word en ’n rekordgetal van 587 toetspaaltjies geneem het, asook die 34-jarige Broad nie saam ingespan sal word nie, maar Anderson sê hy hoop nie dit is die geval nie.

“Ons rekord saam spreek vanself en ek wil graag dink dat as ons albei fiks is en Engeland kies sy beste boulaanval, sal daar plek vir ons albei wees,” sê hy.

“Dit is ’n goeie posisie om in te wees en wys ons het diepte.”

Daar is wel ligte skete in die Engelse kamp ná die tweede toets, waar hulle sake gelykop gemaak het nadat die eerste toets in Southampton verloor is.

“Daar is ’n bietjie styfheid by van die boulers,” sê Anderson.

“Ons sal nou slim moet wees in die oefeninge sodat almal vars is teen Vrydag.

“Ons het ’n goeie kans om die reeks te wen en ons wil voortbou op die vorige toets. Ek glo ons sal nou weer ’n goeie vertoning lewer,” sê hy. – Reuters

• Aksie in die derde toets begin Vrydag om 12:00 (SA tyd) en word regstreeks op SS 2 uitgesaai.

Meer oor:  Stuart Broad  |  James Anderson  |  Toetskrieket  |  Windies  |  Ecb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.