Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kirsten op kortlys om vroue te brei
Gary Kirsten toe hy die breier van die Indiese manskrieketspan was. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se Gary Kirsten, wat Indië se mans tot Wêreldbeker-glorie in 2011 gelei het, is een van drie kandidate wat Donderdag deur ’n paneel aanbeveel is om ook nou die land se vrouekrieketspan af te rig.

Kirsten, Venkatesh Prasad en WV Raman is die drie afrigters wat aanbeveel is aan die Indiese Beheerraad (BCCI), nadat daar luidens berigte Donderdag onderhoude met tien aansoekers gevoer is.

Die paneel wat die onderhoude behartig het, Anshuman Gaekwad, Kapil Dev en Shantha Rangswamy, het via Skype met Kirsten ’n onderhoud gevoer, berig ESPNcrininfo.com.

Herschelle Gibbs

Herschelle Gibbs, ’n voormalige Protea-spanmaat van Kirsten, was ook een van die kandidate met wie ’n onderhoud gevoer is. Daar was aanvanklik 28 name in die hoed vir dié pos.

Die raad moet nou besluit wie die beste kandidaat van die drie is.

Die Indiese vrouespan gaan in Januarie en Februarie teen Nieu-Seeland speel.

Luidens berigte kan Kirsten se betrokkenheid by die Royal Challengers Bangalore, een van die spanne in die Indiese Premierliga, sy kanse om aangestel te word, beduiwel.

Hy gaan glo oorreed word om die pos prys te gee.

Kirsten, wat steeds ’n krieket-akademie in die Kaap bedryf, is aan die einde van 2007 as Indië se hoofafrigter aangestel.

Kirsten, wat steeds ’n krieket-akademie in die Kaap bedryf, is aan die einde van 2007 as Indië se hoofafrigter aangestel.

Hy het in Maart 2008 by die span ingeval, waarna die span onder hom in 2011 die Wêreldbeker-toernooi vir die tweede keer gewen toe dit in Bangladesj, Indië en Sri Lanka gehou is.

Kirsten was daarna van Augustus 2011 tot Augustus 2013 ook die Proteas se hoofbreier. Suid-Afrika het onder hom die voorste plek op die toetsranglys beklee.

Die 51-jarige Kirsten is vanjaar as hoofafrigter van RCB in die Indiese Premierliga aangestel nadat hy die Delhi Daredevils ook voorheen afgerig het. – Sportredaksie

Meer oor:  Herschelle Gibbs  |  Gary Kirsten  |  Indië  |  Afrigter  |  Krieket  |  Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.