Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kirsten sê hy sal Indiese pos weer oorweeg

Gary Kirsten sê die kans om Indië se krieketspan weer af te rig is iets wat hy altyd sal oorweeg.

Die 52-jarige Kirsten het Indië in 2011 tot Wêreldbeker-glorie in Indië gelei voordat hy die Proteas se afrigter geword het.

Gary Kirsten. Foto: Getty Images

Dié voormalige Protea-kolwer is verlede jaar as ’n gunsteling beskou om die leisels by Engeland te neem, maar die Engelse het toe op ’n plaaslike afrigter, Chris Silverwood, besluit.

“Dit (die pos as Indiese breier) is ’n posisie wat ek altyd sal oorweeg, wanneer ook al,” het Kirsten Vrydag aan Netwerk24 bevestig.

Hy was van 2008 tot 2011 Indië se afrigter.

Sedert Kirsten se vertrek was Duncan Fletcher, Anil Kumble, Sanjay Bangar (waarnemend) en Ravi Shastri (twee termyne) Indië se hoofafrigters.

Kirsten was intussen by verskeie ander spanne oor die wêreld heen betrokke, soos die Royal Challengers Bangalore, Durban Heat in die Mzansi-liga en hy sou ook die Welsh Fire, die franchise in Cardiff, in die eerste toernooi van The Hundred afgerig het.

Indië gaan glo ná die T20-Wêreldbekertoernooi in Indië ’n nuwe afrigter aanstel met Shastri wat 60 word. – Johann de Jager

Meer oor:  Krieket  |  Gary Kirsten  |  Indië  |  Ravi Shastri
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.