Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kitsreeks teen Engelse gaan voort

Die eendagreeks tussen die krieketspanne van Suid-Afrika en Engeland sal Sondag in die Paarl begin.

Die hele Protea-groep het Vrydagaand negatief getoets vir die Covid-19-virus, het die spanbestuur Saterdag bevestig.

Die eerste wedstryd sou Vrydag op Nuweland plaasgevind het, maar is uitgestel nadat ’n lid van die Protea-groep Donderdag positief getoets het.

Quinton de Kock, die Protea-eendagkaptein. Foto: Gallo Images

Daar was daarna twyfel of die reeks sal kan voortgaan en die Engelse het vrae gehad oor hoe die virus die bioveilige omgewing in hul Kaapstad-hotel binnegedring het.

Die besoekers was Vrydag al per bus op pad na Nuweland toe hulle hoor die wedstryd is uitgestel.

Die eerste wedstryd sal Sondag om 10:00 begin, met die tweede en derde kragmetings wat Maandag en Woensdag op Nuweland sal plaasvind.

Die Engelse het reeds vroeër die T20-reeks met 3-0 gewen.

Die laaste positiewe toets was die derde in die Protea-kamp voor en tydens die Engelse toer.

Dr. Shuaib Manjra, die spandokter, krap nog kop oor hoe die speler die virus kon opdoen.

Albei spanne bly in dieselfde hotel, maar het nie kontak met mekaar nie.

Beeldmateriaal van kameras in die hotel is bestudeer en daar was gesprekke met die speler, sê Manjra.

Hy ontken enige speler het die hotel sonder toestemming verlaat.

“Veiligheidsbeamptes sal niemand toelaat om uit die hotel te gaan nie, tensy hy dit doen in ’n aangewese motor met ’n toegewysde bestuurder.”

Suid-Afrika se eendaggroep: Quinton de Kock (k), Temba Bavuma, Junior Dala, Beuran Hendricks, Heinrich Klaasen, George Linde, Keshav Maharaj, Janneman Malan, David Miller, Lungi Ngidi, Anrich Nortjé, Andile Phehlukwayo, Tabraiz Shamsi, Lutho Sipamla, Jon-Jon Smuts, Glenton Stuurman, Rassie van der Dussen, Kyle Verreynne.

TV: Sondag 10:00 (SS 212, SABC 3). – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.