Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi gekap ná hy vrouespeler ‘my skat’ noem
Die Nieu-Seelander Danny Morrison is bekend vir sy vermaaklike kommentaar in die IPL. Foto: Getty Images

Die gewilde Indiese Premierliga- (IPL) kommentator Danny Morrison word gekritiseer omdat hy een van die wêreld se voorste vrouespelers in ’n onderhoud as “my skat” aangespreek het.

Stuff berig dié voormalige Nieu-Seelandse internasionale speler – deesdae ’n kommentator en aanbieder – het ’n onderhoud gevoer met die Velocity-kaptein, Mithali Raj, ná haar span se nederlaag in die T20-uitdaging vir vroue in Sjarjah.

“Julle geniet môre ’n dag af, my skat, Mithali Raj . . . wat gaan julle doen, wat gaan Velocity môre doen?”

Raj het geantwoord waarna Morrison gesê het: “Ken op, hou aan glimlag”.

Die Indiese krieketlegende Mithali Raj. Foto: Getty Images

Die sportskrywer en uitsaaier Isabelle Westbury het op Twitter uitgevaar: “Moenie internasionale sportvroue ‘my skat’ in onderhoude noem nie. Jy sou dit nie vir ’n man sê nie. Dit is nie veronderstel om nodig te wees om dit te sê nie.

“Ek bekommer my baie daaroor om te oorreageer oor sulke tipe uitlatings, teenoor kommentators wat sekerlik nie doelbewus neerhalend probeer wees nie. Ons almal fouteer, ek verstaan dit.

“Maar ek glo ook vas die media het ’n verantwoordelikheid om die agenda daar te stel en taalgebruik is uiters belangrik in terme van hoe ons sportlui beskou – as leiers, as rolmodelle.

“Die standaard is eenvoudig: As jy ’n voormalige Indiese kaptein aanspreek, as jy MS Dhoni nie in ’n miljoen jaar as ‘my skat’ sou aanspreek nie, moet jy dit nie eens oorweeg om Mithali Raj so aan te spreek nie.”

Westbury se standpunt word deur haar medekrieketskrywer Raf Nicholson ondersteun.

“Ek kan nie glo dat dit in 2020 nodig is om dit te sê nie, maar asseblief, moenie vrouespelers as ‘my skat’ aanspreek nie, FFS.”

Raj word beskou as een van die beste kolwers in die geskiedenis en het meer eendag-lopies as enige ander vrouespeler aangeteken.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Seksisme  |  Vrouekrieket  |  Vrouesport  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.