Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kane uitgewys vir verdagte boulaksie

Die Nieu-Seelandse kaptein, Kane Williamson, en die Sri Lankaanse draaier Akila Dananjaya is deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangekla vir verdagte boulaksies ná dié spanne se eerste toets in Galle.

Kane Williamson se boulaksie is weer in die kollig, nadat hy vyf jaar gelede ook weens ’n verdagte boulaksie regstellende werk daaraan moes ondergaan. Foto: Getty Images
Akila Dananjaya vier een van sy paaltjies teen Nieu-Seeland in dié twee spanne se pas afgelope toets. Foto: AP

Sri Lanka het dié toets, wat Sondag geëindig het, met ses paaltjies gewen.

Terwyl Williamson ’n deeltydse draaier is wat net drie beurte geboul het, het Dananjaya 62 beurte afgestuur en ook vyf paaltjies in die eerste beurt geneem.

Die wedstrydbeamptes se verslag bevraagteken die wettigheid van albei spelers se boulaksies, het die IKR in ’n verslag gesê.

“Williamson en Dananjaya sal nou toetse ondergaan binne 14 dae van die dag van die verslag se uitreiking (18 Augustus) en tydens dié tydperk sal hulle wel toegelaat word om in internasionale krieket te boul totdat die uitslae van die toetse bekend word.”

Die 25-jarige Dananjaya is ook aangekla tydens ’n toets teen Engeland in Galle in November verlede jaar en geskors nadat ’n onafhanklike komitee bevind het sy aksie is onwettig.

Die IKR het egter sy skorsing in Februarie ter syde gestel en hy kon weer boul in internasionale krieket nadat daar regstellende werk aan sy aksie gedoen is en dit ook weer geëvalueer is.

Williamson is in 2014 ook verbied om internasionale krieket te boul, toe bevind is dat sy elmboog meer as die toegelate 15 grade gebuig het wanneer hy boul. Hy moes ook regstellende werk ondergaan en het later toestemming gekry om weer sy wegbreke af te stuur.

Die tweede toets begin Donderdag in Colombo.

– Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Ikr  |  Akila Dananjaya  |  Kane Williamson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.