Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Conway oefen vir draaiers met katsand

Die Suid-Afrikaans gebore Kiwi-kolwer Devon Conway het ’n innoverende manier gevind om vir die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap voor te berei.

Conway hoop om katsand op die oefenblaaie te strooi sal hom help om te slyp vir die aanslag van Indië se draaibalboulers.

Devon Conway aan die oefen in die nette. Foto: Getty Images

Conway (29) is ingesluit in Nieu-Seeland se groep vir hul toer na Engeland, wat begin met twee toetse teen die Engelse, gevolg deur die toetseindstryd teen Indië op 18 Junie in Southampton.

Dié hotklou het nog nie sy toetsbuiging gemaak nie, maar het spogvertonings in die korter weergawes van die spel gelewer sedert hy sy internasionale buiging in November 2020 gemaak het.

Hy glo katsand kan hom help om voor te berei vir die variasies wat draaiboulers uit voetmerke sal kry.

“Die idee is basies om te sorg dat die bal half opskiet uit die growwe gedeeltes van die blad,” het Conway aan die Nieu-Seelandse uitsaaier Spark Sport gesê nadat hy katsand op ’n blad gestrooi het.

“Dit is effens moeiliker om daarteen te speel, maar goeie oefening. Dit gaan daaroor om ’n wedstrydplan te kry om dit teen te werk en te oefen hoe jy gaan speel in ’n wedstryd.

“Wanneer die blad baie verweer en die bal skiet en draai baie, gaan dit daaroor om positief te wees.”

Die eerste toets tussen die Kiwi’s en Engeland begin op 2 Junie in Londen. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.