Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi-krieket sê jammer oor rassisme

David White, Nieu-Seeland se krieketbaas, het die Engelsman Jofra Archer Dinsdag in sy hotel besoek om om verskoning te vra vir ’n rassistiese voorval in die eerste toets in Mount Maunganui.

Jofra Archer sê die onsmaaklike voorval het plaasgevind toe hy gekolf het. Foto: Getty Images

Engeland en Nieu-Seeland se krieketbeheerliggame stel albei ondersoek in nadat Archer (24) gesê het hy het onder rassebeledigings van ’n toeskouer op die Bay Oval deurgeloop.

White sê hy het Archer verseker ekstra veiligheidsbeamptes word ontplooi om ’n soortgelyke voorval te verhoed wanneer die tweede toets Vrydag in Hamilton begin.

“Ek het maar net lekker met hom gesels,” sê White.

“Ek het vir hom gesê ons is baie jammer dat hy so iets in ons land moes ervaar en ons is uiters teleurgesteld, maar hy was dankbaar dat ek die moeite gedoen het om hom te besoek.”

Archer, ’n boorling van Bridgetown, Barbados, wat vroeër in sy loopbaan die Wes-Indiese Eilande se o.19-span verteenwoordig het, se 30 lopies Maandag het die Swartpette se oorwinning met ’n beurt en 65 lopies vir ’n wyle vertraag.

“Dit was ’n bietjie ontstellend om rassistiese beledigings te hoor terwyl ek gekolf het om my span te probeer red. Met die uitsondering van daardie een voorval, was die toeskouers egter ongelooflik die week,” sê Archer op Twitter.

White sê, indien hy geïdentifiseer word, sal die oortreder aan die polisie oorhandig word en Nieu-Seeland Krieket (NZC) sal hom daarvoor beywer dat die persoon lewenslank van krieketwedstryde geskors word.

“NZC werk nou saam met die span by Bay Oval om kringtelevisie-beeldmateriaal te bestudeer. Ons wend alle pogings aan om die skuldige persoon te probeer identifiseer, hopelik binne die volgende paar dae.”

Kane Williamson, kaptein van die Swartpette, se huis is naby die Bay Oval geleë en sê hy wil ook graag persoonlik vir Archer om verskoning vra.

“Dit is ’n afskuwelike affêre,” sê Williamson.

“In ’n land – en ’n gebied – wat nogal baie multikultureel is, is dit iets wat ons vinnig moet uitroei en hoop iets soortgelyks gebeur nooit weer nie.”

Ashley Giles, Engeland se spanbestuurder, sê die voorval het Archer geraak, maar sy spanmaats bied hom oorgenoeg ondersteuning. 

– Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  Rassisme  |  Jofra Archer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.