Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Sy moker 100-tal van slegs 36 balle!
Sophie Devine verlede jaar vir Nieu-Seeland in aksie tydens die T20-Wêreldbeker-toernooi in Australië. Foto: Getty Images

Sophie Devine, kaptein van Nieu-Seeland se vroue-krieketspan, het die rekordboeke herskryf toe sy Donderdag die vinnigste honderdtal in T20-krieket vir vroue gemoker het.

Die 31-jarige Devine het slegs 36 balle benodig om drie syfers te behaal en het uiteindelik nege sesse en nege viere aangeteken in haar onoorwonne beurt van 108.

Devine se rekordbeurt het die Wellington Blaze tot ’n oorwinning met tien paaltjies oor die Otago Sparks gevoer in die Kiwi’s se plaaslike T20-liga.

Die vorige rekord was 38 balle en het sedert 2010 agter die naam van die Wes-Indiese Eilande se Deandra Dottin gestaan.

Een van Devine se sesse het ’n meisie, wat die stryd op een van die graswalle by die University Oval in Dunedin dopgehou het, teen die wang getref.

Devine het ná die wedstryd na die meisie se welstand gaan verneem. Sy het ’n yspak teen haar wang gehad, maar is nie ernstig beseer nie.

– Reuters


Meer oor:  Sophie Devine  |  Krieket  |  T20  |  Vrouekrieket  |  Vrouesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.