Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi’s as beste toetsspan gekroon

’n Skitterende boulvertoning deur Nieu-Seeland se aanvangsboulers, Tim Southee en Trent Boult, het hul krieketspan gehelp om die eerste Wêreld-toetskampioenskap te verower.

Die Kiwi’s het Indië Woensdag in Southampton, Engeland, vir net 170 in sy tweede beurt uitgeboul. Nieu-Seeland is toe die taak gestel om 139 vir die oorwinning aan te teken.

Die Kiwi-bouler Kyle Jamieson het in albei beurte van Indië van Virat Kohli ontslae geraak. Hy het sewe paaltjies in die toets ingeoes. Foto: AP

En dit was die Kiwi’s se twee mees ervare kolwers, Kane Williamson (52*) en Ross Taylor (48*), wat die Kiwi’s van ’n oorwinning met agt paaltjies verseker het.

Daar was egter groot twyfel of ’n uitslag moontlik sou wees in die toets. Twee volle dae se spel het weens reën verlore gegaan en ’n sesde reserwedag was nodig om ’n wenner te bepaal.

’n Onbesliste uitslag was die gunsteling aan die begin van die laaste dag, maar Southee (4/48) en Boult (3/39) het ander planne gehad.

Southee het ná die wedstryd gesê dit voel baie spesiaal.

“Dit het baie harde werk geverg om hierdie oomblik te bereik,” het Southee gesê.

Virat Kohli, die Indiese kaptein, kyk Woensdag toe hoe Kane Williamson (regs) en Ross Taylor die Kiwi’s se wenlopies vier. Foto: AP

Taylor het gesê dit het nog nie ingesink nie.

“Die sege maak al die opofferinge deur die jare die moeite werd,” sê Taylor.

Die Kiwi’s het in die eindstryde van die laaste twee Wêreldbeker-toernooie teen onderskeidelik Australië en Engeland verloor.

Die Swartpette het wel in 2000 die Toernooi om die Kampioene-trofee verower toe hulle die einste Indië in Kenia geklop het.

Die Kiwi’s, amper soos die Proteas, is gewoonlik een van die spanne wat in die groot oomblikke vou. Die Kiwi’s het al ses keer die halfeindronde van WB-toernooie gehaal en slegs twee keer tot die eindstryd deurgedring.

Die Kiwi’s se Kyle Jamieson is as die Speler van die Wedstryd aangewys. – Sportredaksie

TELKAART

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.