Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi’s betrek polisie by Archer-saak

Nieu-Seeland Krieket (NZC) het ’n klag by die polisie ingedien nadat sy eie ondersoek misluk het om ’n beweerde rassistiese toeskouer “onweerlegbaar te identifiseer”.

Die Engelse snelbouler Jofra Archer sê hy het onder rassebeledigings van ’n toeskouer deurgeloop in die eerste toets tussen Engeland en Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Die Engelse snelbouler Jofra Archer (24) het ná die eerste toets in Mount Maunganui gesê hy het onder rassebeledigings van ’n toeskouer op die Bay Oval deurgeloop.

Dié boorling van Bridgetown, Barbados, wat vroeër in sy loopbaan die Wes-Indiese Eilande se o.19-span verteenwoordig het, het op sosiale media gesê dit het plaasgevind toe hy in Engeland se tweede beurt gekolf het.

Die NZC het die voorval veroordeel en amptelik aan Archer om verskoning gevra voor die tweede toets op Seddon Park in Hamilton, wat Dinsdag ’n gelykopuitslag gelewer het.

“Dit is afkeurenswaardig wat met Jofra gebeur het en die voorval het daartoe gelei dat veiligheid rakende rassebeledigings by al ons internasionale velde opgeskerp word,” sê David White, Nieu-Seeland se krieketbaas.

“Indien die verantwoordelike persoon ooit weer oortree, glo ons daar is genoeg inligting ingewin om hom met die voorval op die Bay Oval te verbind.”

Die NZC sê hy het nou saam met die span by Bay Oval gewerk om kringtelevisie-beeldmateriaal te bestudeer, oudio na te gaan, onderhoude met toeskouers gevoer en sosiale media gemonitor in ’n poging om die skuldige te identifiseer.

White sê indien hy geïdentifiseer word, sal die oortreder aan die polisie oorhandig word en die NZC sal hom daarvoor beywer dat die persoon lewenslank van krieketwedstryde geskors word.

* Honderdtalle deur Kane Williamson en Ross Taylor het verseker die Swartpette dwing ’n gelykopuitslag af in die reën-geteisterde tweede toets in Hamilton.

Kane Williamson en Ross Taylor. Foto: Getty Images

Die reën het weer kort ná middagete op die vyfde dag uitgesak met Nieu-Seeland se telling op 241/2 in sy tweede beurt, ’n voorsprong van 140 lopies.

Taylor (105) en Williamson (104) se onoorwonne vennootskap het 213 lopies opgelewer.

Die eendeweer het Engeland ontneem van die geleentheid om twee keer te kolf en die tuisspan het daarmee die reeks van twee kragmetings met 1-0 beklink.

Volledige telkaart.

– Reuters

Meer oor:  Toetskrieket  |  David White  |  Eendagkrieket  |  Rassisme  |  Jofra Archer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.