Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi’s en Windies gaan kniel vir BLM

Die krieketspanne van Nieu-Seeland en die Wes-Indiese Eilande sal die knie buig ter ondersteuning van die Black Lives Matter (BLM)-beweging voor Vrydag se T20-kragmeting op Eden Park in Auckland.

Die Windies se toetskaptein Jason Holder (regs) en sy span is vroeër vanjaar vereer vir hulle pogings om die BLM-boodskap te verkondig. Foto: Getty Images

Albei spanne het Donderdag ontmoet om die kwessie te bespreek nadat die Windies voor hul wedstryde in Engeland vroeër vanjaar gekniel het in solidariteit met dié anti-rassisme-beweging.

“Ons het saamgestem om die Windies te ondersteun en sal die knie buig sodra die skeidsregters spel begin,” sê Tim Southee, die Swartpette se kaptein.

“Dit is iets wat baie belangrik is vir die Windies en iets wat ons sal ondersteun terwyl hulle hier toer.

Kieron Pollard, die besoekers se T20-kaptein, sê sy span is in hul noppies met die ondersteuning van die Nieu-Seelanders.

“Dit is iets baie naby aan ons hart, dit is iets wat ons oor die wêreld heen wil inprent omdat dit ’n groot invloed op so baie lewens gehad het,” sê Pollard.

“Dit is iets wat ons sal aanhou doen met gebare omdat dit so belangrik vir ons is. Ons het met die Swartpette vergader en ons is dankbaar vir hulle ondersteuning.

“Hopelik, met verloop van tyd, sal almal verstaan hoe ernstig hierdie kwessie is.”

Die Windies se toetskaptein Jason Holder en sy span is vroeër vanjaar vereer vir hulle pogings om die BLM-boodskap te verkondig.

Hoewel die Engelse gekniel het in die Windies-reeks, het hulle nie dieselfde gedoen vir hul kragmetings teen Pakistan en Australië nie, iets waarvoor hulle gekritiseer is.

– Sportredaksie

Meer oor:  Swartpette  |  Black Caps  |  T20  |  Toetskrieket  |  Windies  |  Black Lives Matter  |  Eendagkrieket  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.