Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Kiwi’s kanselleer toets weens terreur

Nieu-Seeland en Bangladesj het Vrydag die derde kriekettoets gekanselleer nadat talle mense in aanvalle op twee moskees in Christchurch doodgeskiet is.

Nieu-Seeland se kaptein, Kane Williamson, gesels met sy eweknie van Bangladesj, Mahmudullah. Foto: Getty Images

Een van die aanvalle was by ’n moskee wat besoek is deur die Bangladesj-span.

Die Swartpette het op Twitter bevestig die besluit om die kragmeting te kanselleer is gesamentlik deur albei spanne geneem en bygevoeg alle spelers en beamptes is veilig.

Die derde en laaste toets sou Saterdag op Christchurch se Hagley Oval begin. Die Kiwi’s het die eerste twee kragmetings in die reeks gewen.

Spelers en beamptes van die Bangladesj-span het Vrydag by die stad se Masjid Al Noor-moskee aangekom om te bid toe die skietery plaasvind. Hulle is gewaarsku om nie die moskee binne te gaan nie.

“Ons is gewalg en geskok,” sê David White, Nieu-Seeland se krieketbaas.

“Ek het met my eweknie in Bangladesj gesels en ons het saamgestem dit is nie gepas om in hierdie tyd krieket te speel nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Swartpette  |  Christchurch  |  Toetskrieket  |  Terreur  |  Terreuraanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.