Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi’s knak Engelse, beklink reeks

Nieu-Seeland het die Engelse Sondag behoorlik slae gegee in die tweede toets in Birmingham en sodoende hul eerste toetskrieket-reekssege sedert 1999 in Engeland behaal.

Tom Latham en sy Kiwi-span ná hul oorwinning oor Engeland. Foto: Reuters

Die Kiwi’s het Sondag op dag vier ’n teiken van 38 lopies suksesvol gejaag vir ’n oorwinning met agt paaltjies. Nieu-Seeland wen die reeks dus met 1-0 nadat die eerste toets onbeslis geëindig het.

“Dit is wonderlik om dié vertoning onder die belt te hê,” sê Tom Latham, die Swartpette se instaankaptein.

“Ons was uitstaande oor die ver dae, almal wat ingekom het, het hul rolle vertolk.”

Nieu-Seeland het ’n allemintige ses veranderinge aangebring ná die eerste toets in ’n poging om sleutelspelers ruskans te gee voor die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen Indië, wat Vrydag in Southampton begin.

TELKAART

“Dit is fantasties vir die diepte van Nieu-Seelandse krieket. Will Young en Matt Henry het nie baie geleenthede gehad nie, maar die wyse waarop hulle na vore getree het, was puik.

“Engeland het ’n uitstekende boulaanval en ons het hulle goed gespeel. Ons het goed aangepas en die syfers op die telbord gesit.”

Joe Root, Engeland se kaptein, sê sy span het ver benede sy potensiaal vertoon.

“Dit was nie ons beste week nie, was dit? Krediet aan Nieu-Seeland, hulle het deurentyd beter as ons vertoon.” – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Tom Latham  |  Joe Root  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.