Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Conway moker Aussies disnis in T20-stryd

Devon Conway het Maandag ’n onoorwonne 99 van 58 aflewerings gemoker om Nieu-Seeland in die T20-wedstryd in Christchurch met 53 lopies oor Australië te laat seëvier.

Nieu-Seeland se Devon Conway lê die langsteel in onderweg na sy onoorwonne beurt van 99 (59 aflewerings) Maandag in ’n T20-wedstryd teen Australië in Christchurch. Foto: Getty Images

Die kolfheld moes eers ’n reddingsrol vertolk nadat die tuisspan vroeg kniediep in die moeilikheid was. Hy het die skip weer op koers gekry en tien viere en 3 sesse geklits om die Swartpette tot ’n skaflike 184/5 te voer nadat die Aussies die loot gewen en die boulopsie gekies het.

Die Aussies is hierna binne die bestek van 17.3 beurte vir 131 uitgeknikker, met die Kiwi-draaier Ish Sodhi wat met 4/28 die grootste skade aangerig het.

Jhye Richardson was, pas nadat hy ’n baie lonende Indiese Premierliga-kontrak losgeslaan het, Australië se beste bouler met 2/31 in vier beurte.

Maar dit was Conway se hardnekkige beurt wat bo al die vertonings uitstaan.

Met die Swartpette aan’t wankel op 19/3 nadat Tim Southee en Trent Boult met blitsige swaaiboulwerk toegeslaan het, het dit na ’n treurige aand vir die tuisskare gelyk.

Conway het egter in Glenn Phillips (30) en Jimmy Neesham (26) gewillige vennote gevind wat die telbord aan’t gesels gehou het.

Vir die Aussies was daar nie juis kolfvreugde nie. Die debutant Josh Philippe kon net twee bydra voordat hy borand bygekry het vir ’n maklike vangkans.

Selfs die hardebaarde Aaron Finch (1) en Glenn Maxwell (1) het gesukkel om die swaaiboulers baas te raak.

Mitch Marsh se 45 was moedig en Ashton Agar het 23 bygedra, maar hierna het Sodhi die besoekers dronk gedraai om sy span se gemaklike sege te verseël. – Reuters

Meer oor:  Devon Conway  |  Nieu-Seeland  |  Australië  |  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.