Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi’s se Kane kasty weer Pakistani’s

’n Honderdtal deur Kane Williamson het Nieu-Seeland in staat gestel om die tweede dag van die tweede kriekettoets teen Pakistan in Christchurch in ’n stewige posisie af te sluit.

Kane Williamson erken die applous van die skare toe hy Maandag sy 50-tal behaal het. Foto: Getty Images

Die Kiwi’s was Maandag op 286/3 toe die balkies gelig is aan die einde van die dag se spel. Williamson (112*, 175 balle; 16x4) en Henry Nicholls (89*, 186 b; 8x4) sal Dinsdag gaan voortkolf, met hul span slegs 11 lopies kort van die Pakistani’s se eerstebeurttelling van 297.

Tom Latham (33) en Tom Blundell (16) het 52 lopies om die eerste paaltjie aangeteken, voordat Blundell deur Faheem Ashraf been voor paaltjie betrap is.

In die volgende boulbeurt moes Latham ook die paadjie paviljoen toe aanpak en was die tuisspan effens in die knyp op 52/2. Dit het Williamson, die Swart Pette se kaptein, en Ross Taylor bymekaargebring.

Taylor kon egter net 12 lopies bydra voordat hy deur Shan Masood van Mohammad Abbas se boulwerk af uitgevang is.

Maar toe begin Pakistan se probleme. Williamson en Nicholls se vennootskap om die vierde paaltjie staan reeds op 215 lopies.

Die Kiwi’s se kaptein handhaaf die laaste ruk ’n uitstekende spelpeil. In die eerste toets teen Pakistan laat in Desember het hy 129 lopies aangeteken, nadat hy ’n maand gelede 251 teen die Wes-Indiese Eilande gemoker het.

Nieu-Seeland het die eerste toets in die reeks van twee met 101 lopies gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Pakistan  |  Krieket  |  Nieu-Seeland  |  Kane Williamson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.