Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kiwi’s se SA paaltjiewagter groet

BJ Watling, die Suid-Afrikaans gebore paaltjiewagter van Nieu-Seeland se krieketspan, oorweeg ’n loopbaan in afrigting ná sy uittrede.

Die 35-jarige Watling, wat in Durban gebore is, gaan ná Nieu-Seeland se komende toer in Engeland uittree.

BJ Watling gaan eersdaags uittree, omdat hy meer tyd saam met sy jong gesin wil deurbring. Foto: Getty Images

Hy het in 2009 sy nasionale buiging gemaak en hou die rekord as Nieu-Seeland se paaltjiewagter met die meeste slagoffers in toetse – 257 in 73 toetse. Dit het agt stonkkanse ingesluit.

Watling, wat eers beplan om saam met sy gesin uit te span ná die Kiwi’s se terugkeer uit Engeland, het gesê hy kyk daarna om op lang termyn by afrigting betrokke te raak.

“Dis iets waarna ek kyk. Ek gaan dit vir die volgende ses maande net rustig vat en begin kyk na die opsies wat ek het,” het Watling gesê.

Die paaltjiewagter was ook ’n baie bedrewe kolwer. Hy het 3 773 lopies in toetskrieket teen ’n gemiddeld van 38.11 aangeteken, wat agt honderdtalle en 19 vyftigtalle insluit.

Sy hoogste tellings was die 205 teen Engeland in 2019 in Mount Maunganui.

Hy het ontken dat sy lang loopbaan ’n tol op sy liggaam geëis het. Hy het gesê sy besluit om uit te tree is bloot om meer tyd saam met sy jong gesin deur te bring.

“Nee, my lyf voel verbasend goed. ’n Paar jaar gelede sou ek gesê het my liggaam gaan my in die steek laat, maar ek voel tans eintlik nogal vars wat my liggaam betref.

“Daar is ’n klompie ander faktore en om by die huis te wees is die groot ding.”

Nieu-Seeland speel twee toetse teen Engeland waarna hy Indië op 18 Junie in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap in Southampton pak. – Reuters

Meer oor:  Krieket  |  Bj Watling  |  Nieu-Seeland  |  Uittrede  |  Paaltjiewagter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.