Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Klein troosprys vir Rabada ná WB-toernooi

Kagiso Rabada het een plek tot derde geklim op die jongste boulersranglys in internasionale eendagkrieket.

Kagiso Rabada. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Imran Tahir het sy loopbaan in dié formaat in die vyfde plek afgesluit.

Jasprit Bumrah van Indië is steeds die voorste bouler.

Chris Woakes van Engeland en Matt Henry van Nieu-Seeland het onderskeidelik met ses en vyf plekke geklim en beklee nou die sewende en tiende posisies. Onder die kolwers beklee Suid-Afrika se Faf du Plessis en Quinton de Kock onderskeidelik steeds die vierde en negende plek.

Rohit Sharma, aanvangskolwer van Indië, beklee ondanks sy vyf honderdtalle in die Wêreldbeker-toernooi, steeds die tweede plek ná sy kaptein, Virat Kohli.

Engeland se aggressiewe aanvangskolwer Jason Roy bevind hom onder die voorste tien kolwers nadat hy met drie plekke verbeter het. – Sportredaksie

Meer oor:  Ranglys  |  Kagiso Rabada
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.