Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kleiner balle kan vroue woema gee
Sophie Devine lê die langsteel in tydens ’n T20-wedstryd teen Indië in 2019 in Hamilton, Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Die gebruik van ’n kleiner bal in vrouekrieket kan help om die spel meer opwindend en aantreklik te maak, glo Sophie Devine, die kaptein van Nieu-Seeland se vrouekrieketspan.

Dit is een van die voorstelle wat die afgelope week op ’n webinaar van die Internasionale Krieketraad gemaak is, waar onder meer oor innovasie in krieket gepraat is.

Die bal wat in vrouekrieket gebruik word, is reeds effens kleiner en ligter in gewig as die wat mans gebruik.

Indië se Jemimah Rodrigues is weer van mening dat vroue op ’n korter kolfblad moet speel.

“Ek dink as ons by die tradisionele formate hou, sal ons ’n kans laat verbygaan om baie nuwe spelers en kinders na die spel te lok. Ek is ’n groot aanhanger daarvan om na ’n kleiner bal te kyk, maar wel om die kolfblad dieselfde lengte te hou,” sê Devine.

“Ek dink snelboulers gaan in staat wees om vinniger te boul en draaibalboulers sal baie meer draai kan bewerkstellig,” sê die 30-jarige Devine oor die moontlike voordele om met ’n kleiner bal te speel.

Die veelsydige Rodrigues (19) glo daar is meriete in ’n korter kolfblad, omdat dit die spel vinniger sal maak en sodoende meer toeskouers sal lok.

“As dit sal help om die spel te verbeter en dit na ’n volgende vlak te neem, hoekom dit nie probeer nie? Ons soek meer mense om na wedstryde te kyk en ook meer mense wat krieket wil speel. So ja, ek dink dit is ’n goeie idee,” sê Rodrigues.

* Die T20-Wêreldbeker-toernooi vir vroue, wat vroeër vanjaar in Australië beslis is, word as ’n groot sukses beskou vanweë die baie toeskouers wat die wedstryde gevolg het.

’n Ongelooflike 86 174 toeskouers het die eindstryd tussen die Aussies en Indië in Melbourne bygewoon. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Vrouekrieket  |  Ikr  |  Covid-19  |  Vrouesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.