Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Klerksdorper tik Engelse dik by Headingley

Die tweede As-aflewering wat hy trotseer tref sy kopskerm. Die bouler – die einste Jofra Archer wie se kartetse tot sy kans op Lord’s gelei het – stap dié keer nader om te kyk of die kolwer oukei is.

En hy is. Marnus Labuschagne (25) staan op en skud homself reg. Hulle kweek hulle taai op Klerksdorp.

Marnus Labuschagne se kolfgemiddeld van 71 is die tweede beste naas Steve Smith se 126 van al die kolwers in die reeks om die As.

Nadat Labuschagne verlede Sondag die eerste plaasvervanger vir ’n kopbesering nog in toetskrieket geword het toe hy Smith op dag vyf van toets twee vervang het, was hy die enigste kolwer wat Smith se skittervertonings kon eggo.

Die gebore Klerksdorper het met ’n beurt van 59 gehelp dat die tweede toets onbeslis eindig.

Toe die nuus kom dat Archer se weerligstraal van ’n opslagbal Smith uit die derde toets op Headingley gaan hou, was die krieketwêreld dit eens – die Aussies staan g’n kat se kans sonder dié enigmatiese kolwer nie. Labuschagne het ander idees gehad.

Binne nege boulbeurte Donderdag op die eerste oggend van die derde toets in Leeds, het die Aussies op 25/2 gesteier. Labuschagne (die Aussies spreek hom uit La-boo-shane soos champagne) het ingestap en doodkalm 74 aangeteken. Archer was egter die hoofkarakter. Sy 6/45 het gehelp om die Aussies vir slegs 179 uit te knikker. Die Engelse kolwers het daarna weer skandes gemaak en is vir slegs 67 omgedop.

Labuschagne het sy derde agtereenvolgende As-vyftigtal in Australië se tweede beurt getimmer. Hy is weer, soos verlede Sondag op Lord’s, teen die kop getref. Maar hy het eenvoudig opgestaan en voortgeveg.

Joe Root

Sy kolfmaats het gister begin opraak en hy is uitgehardloop met sy telling op 80. Dit was genoeg om aan Engeland ’n moeilike wenteiken van 359 te stel.

In Archer het die Engelse ’n nuwe held gevind. Sy optrede toe hy Vrydag ’n groot opblaas-strandbal wat op die speelveld beland het en deur ’n veiligheidswag gekonfiskeer is, by die wag afgeneem het om dit aan die eienaar-toeskouer terug te besorg, was ’n heldedaad in eie reg.

Arise, sir Jofra!” het die Pommies gedreunsing.

  • Aan die ander kant van die wêreld weergalm dit waarskynlik deur die strate van Sydney: “On’ya, mate La-boo-shane like champagne!” Engeland het gister se derde dag op 156/3 afgesluit. Dit is ’n agterstand van 203 lopies. Joe Root (75*) het sy span ’n buitekans op ’n onwaarskynlike sege gegee. Hy kolf vandag saam met Ben Stokes (2*, 50 balle) voort.
Meer oor:  Marnus Labuschagne  |  Jofra Archer  |  Klerksdorp  |  Toetskrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.