Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Knights op randjie van sege in Kimberley
Die veelsydige Shaun von Berg van die Knigjts het sy vier paaltjies in die Warriors se eerste beurt met ’n onoorwonne kolfbeurt van 61 opgevolg. Foto: Gallo Images

Verlede seisoen se topkolwer in die meerdagkriketreeks, Keegan Petersen, en sy kaptein, Pite van Biljon, het die Knights op die derde dag in beheer gekry van hul kragmeting met die Warriors in Kimberley.

Van Biljon (95) en Petersen (84) se vennootskap van 176 om die derde paaltjie het die tuisspan gehelp om die Warriors ’n stewige teiken van 436 te stel om te wen.

Die besoekers het met uitskeityd op 64/5 op die randjie van die afgrond gewankel.

Hoewel die Knights, wat op 31/1 in hul tweede beurt voortgekolf het, ’n paaltjie met die dag se eerste bal verloor het, het Petersen-hulle gou weer beheer van sake verkry.

Die twee is goed bygestaan deur die veelsydige Shaun von Berg wat sy vier paaltjies in die Warriors se eerste beurt met ’n onoorwonne 61 lopies opgevolg het.

Die tuisspan se tweede beurt is op 332/6 gesluit verklaar.

Die 19-jarige snelbouler Gerald Coetzee (2/14) wat in sy eerste eersterangse wedstryd speel, het die Warriors in sy eerste twee boulbeurte met die paaltjies van albei aanvangskolwers vroeg in die moeilikheid gehad.

Die 19-jarige snelbouler Gerald Coetzee (2/14) wat in sy eerste eersterangse wedstryd speel, het die Warriors in sy eerste twee boulbeurte met die paaltjies van albei aanvangskolwers vroeg in die moeilikheid gehad.

Mbulelo Budaza (2/15) het ook twee paaltjies en Von Berg (1/20) een voor die uitskeityd laat kantel.

Christo Buchner berig slegs die onvoorspelbaarheid van krieket staan Donderdag tussen die Titans en Dolphins en ’n onbesliste uitslag op die laaste dag van hul meerdaagse kragmeting in Centurion.

Die Titans (117/3) het ’n heel stewige voorsprong van 173 lopies, maar of daar genoeg tyd is om hulself die kans te bied om die Dolphins in hul tweede beurt uit te haal, is sterk te betwyfel.

Die besoekers sal dit wel ook in hul agterkop hê dat as hulle Donderdag vinnng kan toeslaan en ’n kolfineenstorting bewerkstellig, kan hulle dalk nog ’n bereikbare teiken jaag. Daar is ook die moontlikheid van donderstorms in die middag wat ’n stok in die wiel van ’n uitslag kan steek.

Marcello Piedt het met 4/61 die beste met die bal vir die Titans gevaar in Centurion. Foto: Gallo Images

Nadat die Dolphins vir 385 uitgehaal is in hul eerste beurt, het die Titans die voorsprong van 56 wat hulle gehad het verder gerek danksy hul kaptein, Grant Thomson (38), Neil Brand (23*) en Tony de Zorzi (27).

Op dieselfde veld waar sy oorlede pa (Tertius) in die beginjare van SuperSportpark kolwers se oë laat rek het met sy vaart, het die Dolphins se Eathan Bosch ’n goeie veelsydige vertoning gelewer.

Hy het 50 lopies in die Dolphins-beurt geslaan en toe 1/28 geneem.

Verskeie van die Dolphins-kolwers soos Prenelan Subrayen (22), Sibonelo Makhanya (47), Andile Phehlukwayo (32) en Khaya Zondo (21) – die kaptein en seun van Raymond Zondo, die voorsitter van die Zondo-kommissie – aan die gang gekom, maar nie regtig daardie groot beurt gespeel waarna gesmag sou word nie.

Twee van die Titans-aanwinste, Marcello Piedt (4/61) en Dayyaan Galiem (2/66) was hul beste boulers.

Meer oor:  Shaun Von Berg  |  Pite Van Biljon  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Warriors  |  Titans  |  Meerdagreeks  |  Knights  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.