Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Knights-paaltjiewagter geopereer

Die Knights sal ná Clyde Fortuin se duimoperasie ’n nuwe paaltjiewagter moet kies vir die meerdagwedstryd teen die Lions volgende week in Kimberley.

Wandile Makwethu. Foto: Gallo Images

Fortuin is Donderdag, op die laaste dag van die wedstryd teen die Dolphins in Bloemfontein, beseer toe hy teenaan die paaltjies gestaan en ’n vangskoot benut het van die boulwerk van Pat Kruger af.

Sy linkerduim is ontwrig en ’n mediese prosedure is later die dag op hom uitgevoer.

Die 24-jarige Fortuin het speelkans gekry omdat die nuweling-paaltjiewagter, Wandile Makwetu (20), ook met ’n vingerbesering aan die begin van die seisoen gesukkel het.

Die voormalige Suid-Afrikaanse o.19-kaptein moet nou Saterdag in die plaaslike klubwedstryd sy fiksheid bewys.

Andries Gous en Keegan Petersen kan ook as paaltjiewagters oorweeg word.

Dit lyk in dié stadium of Makwetu en Shadley van Schalwyk vir Fortuin en die naatbouler Mbulelo Budaza gaan vervang.

Budaza is verkla nadat hy die Dolphins se aanvangskolwer Jason Oakes raakgegooi het toe hy die paaltjies wou omgooi. Die Knights wag nog op ’n verhoordatum. Hy kan intussen steeds oorweeg word.

Die Knights is steeds sonder hul twee beseerde voorslagboulers Marco Jansen (sy) en Ottniel Baartman (borsspier). Jansen sal albei dié maand se oorblywende wedstryde teen die Lions en Titans misloop, terwyl Baartman volgende week kan begin boul.

* Voorste kolwers in reeks sover: 348 lopies- Pite van Biljon (Knights); 330- Kyle Verreynne (Cape Cobras); 293- Farhaan Behardien (Titans); 226-Raynard van Tonder (Knights); 201-Neil Brand (Titans).

Voorste boulers: 12-Lutho Sipamla (Warriors); 11- Malusi Siboto (Lions), George Linde (Cape Cobras), Gerald Coetzee (Knights), Tshepo Moreki (Titans).

Meer oor:  Krieket  |  Knights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.