SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Krieket
Kohli-hul tuis as ‘Wizards of Oz’ gedoop

Virat Kohli en sy span het Dinsdag op die voorblaaie van al die vernaamste koerante in die krieketmal Indië gepryk nadat hulle ’n geskiedkundige reekssege in Australië behaal het.

Virat Kohil en sy spanmaats is ná hul geskiedkundige reekssege oor Australië as helde in die Indiese media gehuldig. Foto: Getty Images

Indië, wat deur die jare dikwels gekritiseer is vir sy onvermoë om weg van die huis af te wen, het met dié triomf geloofwaardigheid aan sy status as die wêreld se voorste toetsspan verleen.

Kohli-hulle is nie net die eerste Indiese span in die geskiedenis wat Doer Onder ’n toetsreeks kon wen nie, maar ook die eerste van die Asiese subkontinent.

The Times of India het dié span die “Wizards of Oz” op sy voorblad genoem.

Dié koerant sê dit was gepas dat die reekssege in Sydney beklink is, want dít is waar Kohli drie jaar gelede die kapteinskap van die Indiese span oorgeneem het.

Die voormalige Indiese ster VVS Laxman het in ’n berig in die koerant gesê Cheteshwar Pujara, wat 521 lopies in sewe kolfbeurte opgestapel het, was die verskil tussen die twee spanne.

“Pujara se vermoë om die teenstanders se boulers uit te mergel, is ’n belangrike les wat jong spelers ter harte moet neem,” het hy geskryf.

Ian Chappell, ’n voormalige Australiese kaptein, het in die Hindustan Timesvoorspel dat Indië “die voorste plek op die toetsranglys in ’n wurggreep gaan kry”.

Dié koerant sê hoewel die smaak van die sege in Australië soet is, het Indië nog nie ’n toetsreeks in Suid-Afrika gewen nie en moet dít die span se volgende groot doelwit wees.

Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, het die span op Twitter gelukgewens en hul vertoning as ’n “geskiedkundige krieket-prestasie” bestempel.

Die voormalige Indiese kolfprins Sachin Tendulkar het ook lof vir die span gehad en het veral die vertonings wat die paaltjiewagter, Rishabh Pant, en linksdraaier Kuldeep Yadav in Sydney gelewer het, uitgesonder.

Hy het op Twitter gesê die span het ongelooflike veggees en hardnekkigheid ten toon gestel en dat dit verblydend was dat die senior spelers en die melkbaarde almal hul kant gebring het. – Reuters

Meer oor:  India  |  Krieket  |  Virat Kohli  |  Australia  |  Sachin Tendulkar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.