Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Virat Kohli in kollig ná ‘skouerloop’

Die Internasionale Krieketraad (IKR) is tjoepstil oor ’n voorval waarin Virat Kohli, die kaptein van Indië se krieketspan, die Proteas-snelbouler Beuran Hendricks Sondag in die verbygaan met die skouer geraak het.

Virat Kohli Foto: Getty Images

Die voorval het vroeg in Indië se kolfbeurt in die derde T20-wedstryd in Bengaluru plaasgevind.

’n Woordvoerder van die Proteas het laat weet hulle het nog geen terugvoering oor die voorval gekry nie.

Kohli kon net 9 lopies kry en sy span slegs 134/9.

Suid-Afrika het met 140/1 geantwoord om die reeks gelykop met 1-1 te laat eindig.

Die omstrede voorval het gebeur tydens Kohli se kolfbeurt. Terwyl hy vir ’n lopie gehardloop het, het hy sy lyn gehou en Hendricks skrams met die skouer getref.

Die bouler het later met die skeidsregter gepraat en met sy hand op sy eie skouer getik. Dit was straks verwysend na die voorval.

Hendricks was die Speler van die Wedstryd, danksy boulsyfers van 2/14.

Daar was ’n paar verwysings na die voorval op Twitter.

@Salm1804 skryf: “Laat ons kyk hoe reageer die Internasionale Kriekerraad. #puppetstoBCCI”

Die hutsmerk is ’n verwysing na die gevoel onder sommige krieketliefhebbers dat die Indiese Beheerraad die IKR se toutjies trek.

Ander wou op sosiale media weet waarom kommentators niks oor die voorval gesê het nie.

Die Proteas se Kagiso Rabada was verlede jaar in die moeilikheid nadat hy Australië se kaptein Steve Smith in die tweede toets in Port Elizabeth geskouer het – volgens die Suid-Afrikaner per ongeluk. Hy het ná ’n uitgerekte sage ’n skorsing vrygespring. – Sportredaksie

Sunny Days are back! Ah Aaa Ah Aaa ?? pic.twitter.com/6ZgwV9P9PG

— Adam Dhoni (@AdamDhoni1) September 23, 2019

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Virat Kohli  |  Indië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.