Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kolfblad rede vir stadige kolfwerk

Die Dolphins-aanvangskolwer Sarel Erwee, beter bekend as aanvallende kolwer, het hul harmansdrup-kolfwerk Maandag teen die Knights aan die Kingsmead-kolfblad toegeskryf.

Erwee het in Durban sy honderdtal van die vorige wedstryd teen die Lions met ’n onoorwonne 112 van 291 balle opgevolg.

Sy span, vars ná twee agtereenvolgende seges, het net 207/4 in die 96 boulbeurte van die eerste dag aangeteken.

“Dis waarskynlik die stadigste kolfblad waarop ek nog hier op Kingsmead gespeel het,” het Erwee gesê.

Hy sê die Knights het boonop slim te werk gegaan in hoe hulle geboul het op die blad wat sake dikteer het.

Erwee meen die feit dat die nuwe bal ook in die middag gedraai het, kan later in die wedstryd in hul guns tel.

Die Knights het vroeg van die tuisspan se ander twee kolfsterre, Grant Roelofsen (2) en Marques Ackerman (5), ontslae geraak. Vaughn van Jaarsveld (20, 81b) se paaltjie het die Dolphins op 54/3 gelaat.

Erwee is voor sy 50-tal ’n lewe op skerpby gegun.

Sibz Makhanya (44, 114b) het toe 104 saam met Erwee om die vierde paaltjie aangeteken.

TELKAART

Hardus Viljoen het 3/50 vir die Titans teen die Lions laat kantel. Foto: Gallo Images

* Die Lions is in hul buurstryd teen die Titans in Centurion soos in die vorige wedstryd weer vir goedkoop in hulle eerste beurt uitgehaal.

Die voorloperspan het dié keer met 168 lopies darem een kolfpunt gekry met Migael Pretorius se 32 op nr. 10 wat hoogste telling was.

Die tuisspan sal die tweede dag met Theunis de Bruyn onoorwonne op 63 op 109/3 hervat.

TELKAART

* Die Cape Cobras se kaptein, Lizaad Williams (35*), het in die 79 beurte wat moontlik in Oos-Londen was, aansien aan die besoekers se kolfbeurt teen die Warriors gegee.

Die Kapenaars sal op 241/8 voortkolf.

Die besoekers het met reëlmaat paaltjies verloor voordat Williams en Nandré Burger (18*) op 183/8 vasgeskop het.

Andew Birch, Tian Koekemoer en Basheeru-Deen Walters het elk twee paaltjies laat kantel.

TELKAART

Meer oor:  Titans  |  Meerdagreeks  |  Lions  |  Warriors  |  Cobras  |  Meerdagkrieket  |  Knights  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.