Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Kommer oor Dale ná skouer sy IPL kortknip

Dale Steyn is op pad terug na Suid-Afrika nadat ’n ou besering aan sy regterskouer opgevlam het terwyl hy vir die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga (IPL) gespeel het.

Dale Steyn keer terug Suid-Afrika toe nadat hy sy skouer in die IPL seergemaak het. Foto: Gallo Images

“Dale het ongerief ervaar tydens sy tweede wedstryd van die toernooi. Nadat hy ondersoek is, is daar bevestig dat ’n skeet in sy regterskouer opgevlam het,” het dr. Mohammed Moosajee, die Proteas se spandokter, Donderdag in ’n verklaring gesê.

“Met die Wêreldbeker-toernooi om die draai, is dit ons prioriteit om hom te help om sy volle fiksheid te herwin voordat die groep op 19 Mei vertrek.

“Hy sal ’n skouerspesialis sien sodra hy terug is en ’n herstelplan sal in werking gestel word,” sê Moosajee.

Volgens die verklaring sal maatreëls ingestel word om te verseker Steyn is slaggereed vir die skouspel wat op 30 Mei met ’n kragmeting tussen Suid-Afrika en Engeland op die Oval begin.

’n Skouerbesering wat Steyn in Desember 2016 opgedoen het, het hom vir meer as ’n jaar lank langs die grenstou gehou. Die Proteas sal dus met reg bekommerd wees oor hul ervare snelbouler, veral omdat Suid-Afrika se welslae by die toernooi grotendeels van sy boulaanval afhang.

As Steyn wel nie gereed is vir die skouspel nie, sal dit interessant wees om te sien wie hom in die groep vervang. Die ander snelboulers wat Suid-Afrika die laaste tyd ingespan het, sluit in Beuran Hendricks, Junior Dala, Dane Patterson en Lutho Sipamla.

Die Protea-groep trek op 12 Mei saam vir ’n weeklange oefenkamp voordat hulle na Brittanje vertrek.

Dala se spelpeil was skitterend vir die Titans, terwyl Hendricks se linkshandige swaaiballe afwisseling sal bied.

Patterson is waarskynlik te wisselvallig en Sipamla te onervare.

Chris Morris is nog ’n kandidaat met ’n buitekans om Steyn te vervang, indien nodig. Tog word hy nie gesien as iemand wat tien boulbeurte kan afstuur nie, so dit sal ’n groot verrassing wees as hy wel as ’n plaasvervanger opgeroep word.

Die keurders sal ook moet besin oor die voorkeur-elftal indien Steyn nie betyds fiks is nie.

Anrich Nortjé, die plaasvervanger-snelbouler in die groep, het ook nog las van ’n skouerbesering en sal sonder enige wedstrydfiksheid by die toernooi opdaag. Lugni Ngidi loop boonop ook die IPL met ’n sybesering mis.

Die Proteas sal dus styf duimvashou dat Steyn se besering nie ernstig is nie en dat hy wel ’n sneltrio saam met Ngidi en Kagiso Rabada sal kan vorm.

Die Protea-groep trek op 12 Mei saam vir ’n weeklange oefenkamp voordat hulle na Brittanje vertrek.

Meer oor:  Dale Steyn  |  Wêreldbekerkrieket  |  T20  |  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.