Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bacher: ‘Maak weer soos in isolasiejare’
Kriekethelde soos Graeme Pollock het in die isolasiejare vir hul provinsies gespeel, wat dié plaaslike reekse uiters mededingend gemaak het. Foto: Gallo Images

Gaan terug na die krieketdae soos wat Suid-Afrika beleef het in die isolasiejare.

Dit is nog een van die voorstelle van dr. Ali Bacher, ’n oudkaptein van die Suid-Afrikaanse toetsspan en later een van die suksesvolste krieket-administrateurs wat dié land tot nog toe gehad het.

Wat Bacher met daardie stelling bedoel, is dat plaaslike krieket wêreldwyd gespeel moet word met al daardie lande se internasionale spelers, wat vir hul onderskeie provinsies beskikbaar moet wees.

“Ek stel voor dat wanneer krieket ten volle hervat kan word, moet die internasionale spelers binne daardie land aangemoedig word om in hul plaaslike reekse te speel.

Ek glo die spel is sterk genoeg om ook hierdie terugslag te bowe te kom.
Dr. Ali Bacher

“In die vroeë sewentigs, met Suid-Afrika wat sy isolasie-tydperk begin het, het al ons Springbokke vir hul provinsies gespeel. So het Mike Procter en Barry Richards vir Natal gespeel, die Pollock-broers, Graeme en Peter, vir die Oostelike Provinsie en ek het gevind dat die plaaslike reeks net so taai en mededingend was as enige toets waarin ek gespeel het,” sê Bacher.

Dr. Ali Bacher. Foto: Gallo Images

Hy het ook verlede week gesê hy voel wanneer internasionale krieket hervat word, dit in neutrale lande en leë stadions gespeel kan word, maar dat televisiedekking baie belangrik gaan wees, aangesien dit ’n inkomste vir die spel sal genereer.

Bacher glo die virus sal nog tussen en jaar en ’n half en twee jaar neem om hom uit te woed en dat internasionale krieket daarná eers na normaal sal terugkeer.

Hy het ook krieket se geskiedenisboeke afgestof om te staaf dat die spel wel ’n lang onderbreking sal kan oorleef.

“Met die Eerste Wêreldoorlog tussen 1914 en 1918 was daar ’n onderbreking in die spel en met die Tweede Wêreldoorlog tussen 1939 en 1945 was daar vir ses jaar geen internasionale krieket nie en was plaaslike krieket ook baie beperk.

“Tog het die spel oorleef en is dit gespeel sedert die tweede helfte van die 1940’s tot nou toe. Ek glo die spel is sterk genoeg om ook hierdie terugslag te bowe te kom,” sê Bacher.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Krieket  |  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Covid-19  |  Ali Bacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.