Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KP bied oplossing vir KSA-chaos

Kevin Pietersen, die voormalige kolwer van Engeland, glo hy het die oplossing vir die fiasko in Krieket Suid-Afrika (KSA) se raadsaal.

Kevin Pietersen. Foto: Getty Images

Pietersen, wat Engeland in 104 toetse, 136 eendagwedstryde en 37 T20-wedstryde verteenwoordig het, het op die sosiale media-platform Twitter gesê hy sal graag wil hê dat Jacques Faul, die Titans se uitvoerende hoof, as KSA se nuwe uitvoerende hoof aangestel word.

Faul het al voorheen dié pos op ’n tussentydse basis beklee toe hy in 2012 tydelik vir Gerald Majola vervang het.

Hy het sedertdien vir Northerns en die Titans in gedugte franchises help ontwikkel.

Die Proteas het vroeër die week vir Standard Bank, sy hoofborg van die nasionale toets- en eendagspanne, verloor nadat dié bevestig het dat hy nie sy kontrak gaan hernu wanneer dit in April 2020 verval nie.

Een van die hoofredes hiervoor was dat Standard Bank glo dat KSA se raad sy “reputasie skade berokken” het.

Die gevolg hiervan was Vrydag se skorsing van KSA se uitvoerende hoof, Thabang Moroe.

Die raad het ook tydens Moroe se skorsing aangekondig dat ’n volledige forensiese oudit van KSA se geldsake en alle bedrywighede gedoen sal word.

Pietersen, wat in Pietermaritzburg grootgeword en in Maritzburg College skoolgegaan het, glo verder dat die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith die ideale keuse is om die rol as direkteur van krieket oor te neem.

Smith het voorheen gesê dat hy sy naam uit die wedloop vir dié pos onttrek het omdat hy gedink het dat hy nie die nodige vryheid sal hê om sy werk behoorlik te doen nie.

Hy het egter dié week bevestig dat hy weer in gesprekke met KSA getree het.

Buiten vir die poste van die ringkoppe het Pietersen ook die voormalige Protea-paaltjiewagter en kolwer Mark Boucher, wat tans die Titans afrig, voorgestel as die Proteas se hoofbreier. Hy dink Makhaya Ntini is die regte man om met die boulwerk te help, saam met Robin Peterson as afrigter van die draaiboulers.

Laastens sê hy behoort Jacques Kallis as die span se konsultant betrek te word.

KSA sal na verwagting Saterdagmiddag ’n raadsvergadering hou waar kwessies rondom die land se desperate krieket-situasie bespreek sal word. – Sportredaksie, Sport24

Twitter: 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.