Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Krieket se WB vir vroue uitgebrei

As deel van planne om vrouekrieket uit te brei sal daar vanaf 2026 twee bykomende spanne aan die Wêreldbeker-toernooie in eendag- en T20-krieket deelneem.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het Maandag bekend gemaak dat die T20-Wêreldbeker in 2026 en die twee toernooie daarna uit 12 spanne sal bestaan. Die laaste vier toernooie in dié weergawe van die spel is tussen tien spanne beslis.

Die Protea-vrouekrieketspan se Suné Luus in aksie teen Australië in die halfeindronde van die T20-Wêreldbeker-toernooi in 2020 Doer Onder. Foto: Getty Images

Wat die Wêreldbeker in eendagkrieket betref, sal tien spanne dit in 2029 uitspook.

“Ons het ’n spesifieke fokus en verbintenis tot ’n ambisieuse langtermyngroeiplan vir vrouekrieket,” sê Manu Sawhney, IKR se uitvoerende hoof.

“Ons het die afgelope vier jaar momentum gebou vir vrouekrieket deur in globale TV-dekking te belê en bemarking wat daarop gemik is om ondersteuners te lok.”

Die IKR het ook planne vir ’n Kampioenebeker-toernooi bekend gemaak, wat tussen ses spanne beslis sal word. Dit sal in 2027 en 2031 plaasvind.

Die aankondiging kom presies ’n jaar nadat Australië se vrouespan Indië in die eindstryd van die T20-Wêreldbeker Doer Onder geklop het. ’n Rekordgetal van meer as 86 000 toeskouers het die eindstryd in Melbourne bygewoon. Dit is ook deur rekordgetalle kykers op televisie in Australië gevolg, wat dit die vrouekrieketwedstryd tot op hede maak wat deur die meeste mense gevolg is.

“Die besluit om byeenkomste vir vroue uit te brei, is op daardie fondasie gebou en laat ons toe om meer lidlande die geleentheid te gee om op die wêreldverhoog deel te neem,” sê Sawhney.

“Dit beteken dat meer spanne ook die geleentheid sal kry om aan kwalifiserende toernooie vir IKR-toernooie in die komende jare deel te neem.”

Die volgende Wêreldbeker in eendagkrieket sal in 2022 in Nieu-Seeland plaasvind.

• Die Proteas kom intussen Dinsdag in die tweede eendagwedstryd in die reeks van vyf teen Indië in Lucknow, in die noorde van Indië, te staan. Suid-Afrika het die eerste wedstryd oortuigend met agt paaltjies gewen. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Wêreldbekerkrieket  |  Vrouekrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.