Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Krieketbreier Vettori maak beursie oop

Die draaibalafrigter van Bangladesj se krieketspan, Daniel Vettori, het besluit om ’n deel van sy salaris te skenk aan sy kollegas wat minder betaal word.

Daniel Vettori gaan ’n deel van sy salaris skenk aan kollegas wat minder as hy verdien. Foto: Getty Images

Vettori (41), ’n voormalige kaptein van Nieu-Seeland, is gekontrakteer tot ná die T20-Wêreldbeker-toernooi wat in Oktober in Australië moet begin. Die verwagting is egter dat dié skouspel weens die Covid-19-pandemie uitgestel gaan word.

Nizamuddin Chowdhury, uitvoerende hoof van die Bangladesj Krieketunie, het volgens The New Zealand Herald bevestig dat Vettori die versoek gerig het, maar nie hoeveel die Kiwi bewillig het nie.

Bangladesj het teen Sondag reeds 47 153 bevestigde gevalle van Covid-19 met 650 sterfgevalle gehad, volgens die webtuiste van die Wêreldgesondheidsorganisasie.

Die Tiere word afgerig deur Russell Domingo, ’n voormalige breier van die Proteas.

Vettori het 362 paaltjies in 113 toetse en 305 in 295 wedstryde vir Nieu-Seeland geneem. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Daniel Vettori  |  Bangladesj  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.