Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Krieketspan verban aanlyn trolle

Nadat die krieketspeler Azeem Rafiq op sosiale media deurgeloop het omdat hy gekla het oor die beweerde rassistiese behandeling wat hy by ’n graafskapspan ontvang het, dreig dié span nou om daadwerklik op te tree teen ondersteuners wat Rafiq op sosiale media gedreig het.

Azeem Rafiq in aksie vir Yorkshire in ’n T20-wedstryd in 2017. Foto: Getty Images

Rafiq, ’n draaibalbouler en boorling van Pakistan, het tussen 2008 en 2014, en weer tussen 2016 en 2018 vir Yorkshire gespeel. Hy het vroeër ook Engeland se o.15-, o.17- en o.19-span verteenwoordig.

Die 29-jarige Rafiq dagvaar Yorkshire vir rassistiese behandeling en diskriminasie wat hy beweer hy in sy tyd by die span ervaar het.

Nou het Yorkshire in ’n verklaring hom ten sterkste teen die dreigemente uitgespreek wat op sosiale media in Rafiq se rigting geslinger is.

“Ons is teleurgesteld om te verneem van die dreigemente wat teen Azeem Rafiq, sy familie en sy regspan gemaak is en veroordeel dit ten sterkste. Ons verstaan dit is nou ’n saak in die polisie se hande en wanneer die oortreders gevang word, kan ons bevestig dat hulle lewenslank van enige perseel verban sal word wat aan die Yorkshire-graafskapspan behoort of onder die bestuur daarvan is.”

Yorkshire se ondersoek na die beweringe wat deur Rafiq gemaak is, duur steeds voort.

Rafiq het in sy onthulling oor die misbruik wat hy op sosiale media ervaar het, verwys na die “vieslike” boodskappe wat aan hom gestuur is.

“Ek het op sosiale media deurgeloop, maar selfs meer kommerwekkend is die dreigemente wat aan my familie gerig is en die vieslike boodskappe wat my regspan ontvang het,” sê Rafiq.

“Dit is skrikwekkend. Op aandrang van my prokureurs het ek dit by die polisie aangemeld.” – TeamTalk

Meer oor:  Graafskap  |  Yorkshire  |  Rassisme  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.