Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Krieketspelers keelvol vir kuber-boelies

Engeland se krieketspan is bereid om sosiale media te boikot om te wys dat hy keelvol is vir aanlyn boelies, sê die bouler Stuart Broad.

Jofra Archer lewer ook soms goeie bydraes met die kolf, hoewel hy meer vir sy boulwerk bekend is. Foto: Getty Images

Jofra Archer en Moeen Ali is al op sosiale media sleggesê en volgens Broad sal hy persoonlik ’n standpunt daarteen inneem.

“Sosiale media het baie positiewe aspekte, maar as ons daardie positiewe dinge vir ’n tydjie moet verloor om ’n standpunt in te neem sal ek dit doen,” sê hy.

“Indien daar tot aksie oorgegaan moet word, is daar leiers in ons span wat dit sal doen. As die span voel verandering is nodig, is daar mense hoër op in die hiërargie wat baie oop is vir dit waarin die span glo.”

Broad dink dis “beslis” iets waaroor daar gesels moet word.

Twee Engelse sokkerspanne, Rangers en Swansea City, het verlede week gesê hulle sal alle sosialemediaplatforms vir ’n week boikot omdat verskeie van hul spelers rassistiese beledigings toegesnou is.

• Die Rajasthan Royals sê hulle sal nie oorhaastig wees om Archer te laat speel nie.

Die snelbouler het onlangs ’n operasie ondergaan.

Die span hou egter duim vas dat Archer wel dié seisoen vir hom ’n bydrae in die Indiese Premierliga kan lewer.

Archer (25) word nog vir ’n elmboogbesering behandel. Daar is ook glas uit ’n vinger aan sy regterhand verwyder.

’n Stukkie glas het in ’n vinger beland toe Archer ’n vistenk skoongemaak en dit geval en gebreek het.

“Dis vir ons ’n groot slag dat hy nie van die begin vir ons kan speel nie omdat baie van ons beplanning rondom hom gedoen is,” sê Kumar Sangakkara, die Royals se spanbestuurder.

“Ons sal nie kanse waag met sy fiksheid nie en het dus ander planne ook beraam.

“Dis baie belangrik om Jofra fiks te kry, nie net vir die IPL nie, maar ook vir sy internasionale loopbaan.”

Rajasthan het Archer in 2018 vir $959 475 gekoop en het hom sedertdien elke jaar weer gekontrakteer.

Hy was verlede seisoen die mees waardevolle speler in die toernooi met 20 paaltjies. – Reuters

Meer oor:  Indiese Premierliga  |  Krieket  |  Sosiale Media  |  Jofra Archer  |  Rajasthan Royals  |  Moeen Ali  |  Engeland  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.