Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Knights se Kruger (102*) kasty Dolphins
06 September 2018

Pat Kruger het ’n onoorwonne 102 van 56 balle in die Knights se sege oor die Dolphins in die T20-wedstryd om die Umthunzi-beker tussen die spanne Woensdag in Port Shepstone gemoker.

Pat Kruger. Foto: Facebook

Die besoekers het 182/4 aangeteken. Die Dolphins het daarna vroeg paaltjies verloor en is tot 163/8 beperk.

Kruger is op die Knights se onlangse prysuitdeling as Eendagspeler vir die Jaar vereer. Hy het verlede seisoen sy eerste eersterangse én sy eerste eendaghonderdtal vir die Knights gemoker.

Die draaier Senuran Muthusamy het met 2/19 die beste gevaar met die bal onder die tuisspan se boulers.

Die Dolphins was volgens @DolphinsCricket vroeg in die knyp in hul kolfbeurt.

Morné van Wyk (10) en Cody Chetty (10) is in die derde boulbeurt uit, waarna die vertrek van Vaughn van Jaarsveld (2) en Andile Phehlukwayo (2) dit 31/4 gemaak het. Muthusamy (34) en Sibonelo Makhanya (42) het ’n ruk vasgeskop, terwyl Prenelan Subrayen 37 van 18 balle aan die einde geslaan het.

Corné Dry (4/45), Ryan McLaren (2/15) en Duanne Olivier (2/25) het die paaltjies vir die wenspan laat kantel.

Meer oor:  Umthunzi-Beker  |  Pat Kruger  |  Knights  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.