Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA begin met onderhoude vir top-poste

Suid-Afrikaanse krieket, wat op die veld en in die raadsale ’n krisis beleef, kan einde ten laaste weer rigting kry met die onderhoude vir die poste vir direkteur van krieket en nasionale keurderbaas wat vandeesweek begin het.

Die soeke na ’n direkteur van krieket is aan die gang terwyl onderhoude met voornemende keurderbase Vrydag by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg gehou word.

Corrie van Zyl is tans geskors, maar sy naam is glo in die hoed vir die pos as Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket. Foto: Gallo Images

Die Protea-kaptein, Faf du Plessis, het met die terugkeer van sy vuisvoos nasionale span uit Indië gepleit dat daar so gou as moontlik heeltydse aanstellings gemaak moet word.

Corrie van Zyl het waargeneem in die pos van direkteur van krieket sowel as keurderbaas, terwyl Enoch Nkwe die span as tussentydse afrigter na Indië vergesel het.

Van Zyl, Naasei Appiah, KSA se hoofbedryfsbeampte, sowel die hoof van kommersiële sake en bemarking, Clive Eksteen, is intussen geskors hangende ’n ondersoek na

moontlike pligsversuim nadat spelersgeld van die eerste Mzansi-superliga glo nie betaal is nie.

Van Zyl se naam was glo in die hoed om as direkteur van krieket aan te bly. Aansoeke vir hierdie pos het op 31 Oktober gesluit.

Die aansoeke vir voornemende keurderbase het ’n ruk gelede gesluit.

Linda Zondi, wie se termyn ná die Wêreldbeker-toernooi vroeër vanjaar geëindig het, is na wat verneem word op die kortlys om wéér as keurderbaas aangewys te word.

Vroeër is die name van twee keurders, Errol Stewart en Hussein Manack, en selfs die Jozi Stars-keurderbaas, Patrick Moroney, in die wandelgange as moontlike opvolgers vir Zondi genoem.

Meer oor:  Ksa  |  Direkteur Van Krieket  |  Nasionale Keurderbaas  |  Afrigter  |  Topposte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.