Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA benoem Boucher, Bojé as beste breiers

Twee voormalige Protea-spanmaats wat die afgelope seisoen hul buigings as heeltydse franchise-breiers gemaak het, is deur Krieket Suid-Afrika (KSA) as Afrigter van die Jaar benoem.

Mark Boucher. Foto: Gallo Images
Nicky Bojé. Foto: Gallo Images

Mark Boucher en Nicky Bojé, onderskeidelik die afrigter van die Titans en die Knights, spook dit saam met die Warriors se Malibongwe Maketa om dié eerbewys uit.

Die wenner word Saterdag op KSA se prysuitdeling in die Kyalami-teater in Midrand aangewys.

Die Titans het onder Boucher, voormalige paaltjiewagter van Suid-Afrika, die plaaslike T20- én eendagreeks gewen.

Bojé se Knights het die Titans in die laaste ronde van wedstryde verbygesteek om die meerdagreeks te wen.

Dit was hul eerste nasionale titel in ses jaar sedert hulle die MTN40-reeks in die 2010-’11-seisoen gewen het.

Bojé was die vorige seisoen die Knights se waarnemende afrigter. Die voormalige SA draaibouler was die afgelope seisoen die heeltydse breier.

Maketa se Warriors het die eindstryd van die T20- en eendagreeks gehaal.

Mark Charlton en Edward Mokoenenyane, die afrigters van Noordelikes en Vrystaat, streekspanne van die Titans en die Knights, is as Provinsiale Afrigters van die Jaar benoem.

Noordelikes het die Vrystaat in die eindstryd om die meerdagtitel geklop en ook die eendagreeks gewen.

Monty Jacobs, afrigter van Noordwes, is ook benoem.

Evan Flint van Nuweland, Ashley Nel van Buffalopark en Bryan Bloy van SuperSportpark is as Baanopsigter van die Jaar benoem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.