Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA besluit Donderdag oor Moroe se lot
Thabang Moroe, Krieket Suid-Afrika (KSA) se geskorste uitvoerende hoof. Foto: Gallo Images

Ondanks hofdreigemente van Thabang Moroe se regspan, het Krieket Suid-Afrika (KSA) nie bes gegee nie en beplan dié beheerliggaam steeds dat dié geskorste uitvoerende hoof Donderdag om 10:00 voor die raad moet verskyn om te verduidelik waarom hy nie afgedank moet word nie.

Moroe se regspan van Motsoeneng Bill Attorneys het KSA Dinsdag laat weet dat hulle tot Woensdag 09:30 het om Donderdag se beplande verhoor op te skort, andersins sou hulle die hof om ’n interdik nader om die verrigtinge te keer. KSA het nie hieraan gehoor gegee nie.

“KSA gaan môre voort en ons is tans besig om te bespreek of ons kliënt die verrigtinge moet bywoon. Ons oorweeg nou wat die beste opsie vir ons kliënt is,” het Sharlyn Geza, ’n lid van sy regspan, Woensdagaand aan Netwerk24 gesê.

“Ons besluit nog of ons betyds ’n aansoek om ’n interdik by die hof sal kan indien.”

’n Woordvoerder van KSA het vroeër Woensdagmiddag bevestig dat, sover dit die beheerliggaam betref, Moroe steeds Donderdag voor die raad moet verskyn. Hy is in Desember 2019 geskors vir beweerde wanbestuur, hangende die uitslag van ’n onafhanklike forensiese ondersoek.

Moroe se regspan eis nou dat hy voor ’n tugkomitee met ’n onafhanklike voorsitter verskyn, en nie voor “die eensydige raad” nie. Hulle glo dat Moroe se afdanking “ ’n uitgemaakte saak is” as hy aan die raad uitgelewer word.

KSA het op 22 Julie ’n kennisgewing aan Moroe gestuur waarin hy daarvan ingelig is dat daar gronde vir sy afdanking is. Agt klagte is teen hom aanhangig gemaak ná aanleiding van ’n forensiese verslag deur Fundudzi Forensic Auditors na bestuurspraktyke by KSA.

Moroe se regspan het egter aangevoer dat die raad nie by regte is om aan hom ’n kennisgewing van die gronde vir sy afdanking te stuur, en hom te daag om voor die raad te verskyn nie. Hulle voer aan dié roete word in ’n klousule van sy indiensnemingskontrak vervat, maar dat hy inderwaarheid nooit die kontrak onderteken het nie.

Sy regspan voer aan dat die brief wat Moroe op 24 Januarie van sy skorsing ingelig het, dit duidelik gestel het dat hy aan ’n tugverhoor onderwerp sou word nadat die forensiese ondersoek afgehandel is.

KSA het glo in die week aan Moroe se regspan geskryf dat die prosedure van 13 Augustus tog “ ’n vorm van ’n tugverhoor” sou wees, en het daarom volgehou dat die raad oor Moroe se lot moet besluit.

Meer oor:  Krieket  |  Ksa  |  Thabang Moroe  |  Krieket Suid-Afrika  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.