Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KSA gaan geelwortels hang

Krieket Suid-Afrika (KSA) bekyk verskeie maniere om die land se voorste krieketspelers hier te hou en te voorkom dat hulle deur oorsese kontrakte vir plaaslike krieket verlore raak. Geldelike belonings en bonusse word selfs oorweeg.

Ondanks die onsekerheid oor Brexit se moontlike invloed op Kolpak-kontrakte, het KSA reeds planne begin ondersoek om die verlies van spelers aan veral Kolpak-kontrakte te stuit.

Simon Harmer. Foto: Gallo Images

Rilee Rossouw, Duanne Olivier en Kyle Abbott is voorbeelde van spelers wat in die Proteas se na­sionale planne was en geoormerk was om in vanjaar se Wêreldbekertoernooi te speel. Hul besluite om Kolpak-kontrakte te sluit, het egter ’n stokkie voor die Proteas se planne gesteek.

Volgens Corrie van Zyl, KSA se waarnemende direkteur van krieket, word daar gekyk om onder meer die voorste spelers met aanloklike bonusse in die land te hou.

“Daar word gekyk na verskillende maniere, want dis van kritieke belang vir ons om dié spelers hier te hou. 0ns kyk na ’n langtermynbonusstelsel wat goeie spelers gaan motiveer om te bly,” sê hy.

“Nóg ’n manier is om hulle toe te laat om in ander kompetisies, soos die nuwe T20-ligas (wêreldwyd), te speel.”

Kyle Abbott. Foto: Jaco Marais

KSA is hoopvol dat die insluiting van verskeie nuwelinge in die Proteas-groepe wat eersdaags na Indië vertrek vir ’n T20- en toetsreeks, ook aansporing vir plaaslike spelers sal wees om nie koers oorsee te kies nie.

“Jong spelers wat goed speel, sal beloon word met plekke in spanne. Dis boonop dan ook goed vir die stelsel, want dit hou die meer ervare spelers op hul tone. Dis net gesond vir jou stelsel as jonger spelers sien dat hulle nie misgekyk word nie.”

Van Zyl sê egter dat daar altyd spelers gaan wees wat die roete oorsee gaan kies. Die belonings moet sorg dat minder van die plaaslike toneel af verdwyn.

“Dis deel van KSA se retensie-beleid om die omstandighede vir spelers só te probeer maak dat hulle nie ’n ander heenkome hoef te gaan soek nie. Dit het nie altyd gewerk nie, want ons het gesien dat spelers steeds trek,” sê hy.

“Maar ons sal sien wat vorentoe met die Kolpak-situasie gebeur. Dit berus egter by ons om die spelers wat as potensiële nasionale spelers geïdentifiseer is, te behou.”

  • Twee Kolpak-spelers, die draaier Simon Harmer (Essex) en die snelbouler Kyle Abbott (Hampshire), is tans onderskeidelik nr. 1 en nr. 3 op die lys van die grootste paaltjievrate in die graafskapreeks. Harmer het 65 penne platgetrek en Abbott 46.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.